FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só lyk Angelina as kwaai heks

Angelina Jolie was vir baie die booswig wat die ‘perfekte paartjie’ Brad Pitt en Jennifer Aniston se huwelik laat verbrokkel het. Nou speel sy in die nuwe Disney-fliek ’n klassieke booswig met ’n sagte hart.

Dis omtrent ’n transformasie vir Angelina! Die eerste foto van haar as die slapende skoonheid-verhaal se booswig is bekendgestel. Met groen oë staar sy vanuit die plakkaat van Maleficent. En haar bloedrooi lippe en kenmerkende wangbene rond haar bose voorkoms goed af.

Angelina JolieMaleficent is Angie se eerste filmrol in meer as 3 jaar. Dit gaan oor hoe dié bose heks se hart hard geword het wat daartoe gelei het dat sy die slapende skoonheid (Elle Fanning) vervloek.

“Sy is nie die anti-prinses nie, maar dit is die eerste keer dat die fokus op dié epiese vrou is,” het Angelina vroeër gesê. “Ek hoop mense sien ’n vrou met baie kwaliteite. Net omdat sy haarself beskerm en aggressief is, beteken dit nie dat sy nie ander wamer kwaliteite ook het nie.”

Angelina het erken dat sy as kind aangetrokke was tot dié karakter. “Ek was bang vir haar, maar iets het my ook aangetrek na haar toe. Ek wou meer oor haar weet, ek wou weet wat sy is en hoe sy is… Sy is elegant en grasieus, tog baie wreed.”

Een van Angelina se kinders, haar dogter Vivienne, speel ook in die fliek. Sy speel die jong slapende skoonheid.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Hello