FOTO: Twitter  @mikefisher1212

FOTO: Twitter @mikefisher1212

Het jy gehoor?

Só lyk Carrie Underwood se baba

Die country-sangeres Carrie Underwood en haar man, die hokkiespeler Mike Fisher, het einde Februarie hul eerste kind, Isaiah Michael Fisher, verwelkom. Maar hulle het nou eers ’n foto van hul seun gedeel, berig E! Online 

Die 32-jarige blondine het Sondag dié oulike foto van Isaiah op haar Instagram-blad geplaas. Hy hou ’n Nashville Predators-hokkiestok, die span vir wie sy pa speel, vas.

Carrie en Mike het in Julie 2010 voor 250 mense trou aan mekaar beloof. Hulle het mekaar in 2008 ontmoet en ’n jaar later verloof geraak.

Bron: E! Online

Lees ook