FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Lyk in Demi Moore se swembad gevind

Die lyk van ’n 23-jarige man is Sondagoggend in aktrise Demi Moore se swembad by haar huis in Beverley Hills gevind, berig People.com.

Die man het verdrink tydens ’n klein geselligheid van omtrent ses mense op dié eiendom. Demi en haar dogters was nie tuis nie, maar haar assistent was teenwoordig toe die lyk gevind is.

“Ek is baie geskok! Om ’n kind te verloor is ’n ondenkbare tragedie, my hart gaan uit aan sy familie en vriende,” het sy in ’n verklaring gesê.

TMZ.com, berig dat die man glo gegly het en só in die swembad beland het. Hy kon blykbaar nie swem nie.

Demi se dogters, Rumer, Tallulah en Scout Willis, het die afgelope paar weke by hul ma se huis gebly en volgens een van die bure het hulle dag in en dag uit partytjie gehou, sê TMZ.com. Maar die polisie het bevestig dat nie een van die dogters tydens die voorval tuis was nie.

Scout vier vandag haar 24ste verjaarsdag en volgens haar suster Tallulah se Instagram-profiel is dié twee in New York.

Bronne: People.comTMZ.com

Lees ook