Mej SA  mejsaklein
Het jy gehoor?

Só lyk finaliste vir Mej. SA-kroon + kyk wie is die beoordelaars!

Die 33 finaliste vir die Mej. SA 2014-titel is bekend.

Mej SA  Miss_SA_2014_semifinalists

Gauteng het 12 deelnemers, die Wes-Kaap 10, KwaZulu-Natal 5 en die Vrystaat 2. Die ander provinsies het elk 1 deelnemer.

Die beoordelaars

Dié skoonhede gaan hul slag moet wys om die beoordelaars te beïndruk. Hulle is die radio- en TV-persoonlikheid Anele Mdoda, die internasionale platejoggie Nkosinathi Innocent Maphumulo, meer bekend as Black Coffee, en die redakteur van die tydskrif Glamour, Pnina Fenster.

Mej SA The Miss South Africa Co and Cell C announce the 33 semi-finalists for the prestigious beauty competition at The Maslow Hotel in Sandton. The competition will run next year alongside a reality tv show which will be aired on Mzansi Magic. Pic: Lisa SkinnerHulle sal die finaliste beoordeel op grond van intelligensie, leierskap, talent, fisieke gesondheid en hul toewyding aan gemeenskapsdiens.

Vanjaar is daar ook weer ’n werklikheidsreeks waarin die finaliste gevolg word. Dit begin 26 Januarie 2014 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161).

Die doel van Mej. SA

Mej. SA 2014 word deur die selfoon-netwerk Cell C geborg. Dít sluit aan by hul Believe Manifesto en hul strategie om vroue te bemagtig. Suzette van der Merwe, uitvoerende hoof van kommersiële kommunikasie by Cell C en self ’n voormalige Mej. SA (1990), sê waarom hulle bly is om as borg op te tree:

“Sun International het die Mej. SA-handelsmerk geposisioneer om dit meer relevant in vandag se samelewing te maak en dít stem ooreen met Cell C se strategie om vroue te bemagtig. Soos dié handelsmerk, is Cell C se doel om pragtige jong vroue met selfvertroue, wat die mag het om ons land te inspireer en ’n verskil te maak, te bemagtig.”

Mej SA  Thabang_Ganyane_Gauteng_Caylene_Marais_Gauteng_former_SA_Suzette_van_der_Merwe_Alyssa_Arendse_Western_Cape_and_Ziyanda_Msomi_from_KZN_Pic_by_Lisa_Skinner

Suzette van der Merwe saam met van die finaliste

*Die top-12 finaliste word op 2 Februarie 2014 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) bekendgemaak.

*Die kroningsgeleentheid vind op 30 Maart 2014 by Sun City plaas.

Die top-33 finaliste is

Ziphozakhe Zokufa (22), Oos-Kaap
Dipalesa Mbola (22), Vrystaat
Rolene Strauss (21), Vrystaat
Callan Corner (20), Gauteng
Caylene Marais (23), Gauteng
Hape Moloi (21), Gauteng
Jenna  Braham (21), Gauteng
Matlala Mokoko (23), Gauteng
Nkhensi Vukela (22), Gauteng
Ntsiki Mkhize (22), Gauteng
Sarah Botes (21), Gauteng
Tayla Skye Robinson (21), Gauteng
Thabang Ganyane (19), Gauteng
Tidimalo Sehlako (22), Gauteng
Tshegofatso Monggae (20), Gauteng
Delisha Leigh-Ann Chetty (22), KwaZulu-Natal
Julia Petersen (22), KwaZulu-Natal
Nomhle Mtshali (23), KwaZulu-Natal
Sihle Makhanya (22), KwaZulu-Natal
Ziyanda Msomi (22), KwaZulu-Natal
Sheila Mmutle (23), Limpopo
Ntandayenkosi Kunene (21), Mpumalanga
Ilze Saunders (23), Noordwes
Abigail de Jager (19), Wes-Kaap
Alyssa Arendse (22), Wes-Kaap
Anzél Stofberg (22), Wes-Kaap
Ashleigh Burton (23), Wes-Kaap
Jade Hubner (21), Wes-Kaap
Meighnon Loriston (19), Wes-Kaap
Mishka Patel (21), Wes-Kaap
Nelisiwe Galada (23), Wes-Kaap
Taryn Esterhuizen (23), Wes-Kaap
Vuyolwetu Mgwelo (22), Wes-Kaap

  • Marlene Joubert

    Word die Noord-Kaap dan nie verteenwoordig nie?