FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Só lyk die nuwe Mej. Heelal 2015

Hoewel Mej. SA, Ziphozakhe Zokufa, nie met die Mej. Heelal-titel weggestap het nie, het sy ons steeds geweldig trots gemaak.

Die nuwe Mej. Heelal is gisteraand in Florida in die VSA gekroon. Sy is Mej. Colombia, Paulina Vega.

Ziphozakhe het ons trots gemaak!

Mej. Wêreld vs Mej. Heelal

  • Die Mej. Wêreld-wedstryd word gedryf deur die Mej. Wêreld-organisasie waarvan Julia Morley die president is. Mej. Heelal word deur die Mej. Heelal-organisasie besit, waarvan Donald Trump ’n eienaar is.

  • Mej. Wêreld is in 1951 deur die Brit Eric Morley begin. Mej. Heelal deur ’n Amerikaanse kleremaatskappy in 1952.

  • Mej. Wêreld woon gewoonlik vir ’n groot deel van die jaar in Londen, Mej. Heelal in New York.

  • Die land met die meeste Mej. Wêreld-titels is Venezuela, met 6 wenners. Amerika spog met die meeste Mej. Heelal-krone – 8.

  • Meer as net ’n mooi gesig. Mej. Heelal 1981, Irene Sáez van Venezuela, het in die politiek betrokke geraak – sy was ’n burgemeester en ook presidentskandidaat. Indië se Aishwarya Rai, Mej. Wêreld 1994, is ’n suksesvolle aktrise én VN-ambassadeur.

  • Daar was nog nie een persoon wat albei titels gewen het nie. Daar was al lande wat Mej. Wêreld én Mej. Heelal-titels in dieselfde jaar gehad het – Frankryk (1953), Australië (1972), Venezuela (1981) en Indië (1984 en 2000).

  • Lees meer oor dié skoonheidskompetisies HIER

Vind HIER uit waar jy dié kompetisie op televisie kan kyk.

Bron: MSN.com

Lees nou