Het jy gehoor?

Só lyk die rolverdeling van ‘Suidooster’

Die splinternuwe sepie, Suidooster, wat op 16 November begin wys beloof om ’n vars briesie te wees vir Afrikaanse kykers. Die rolverdeling is pas aangekondig, en ons is baie opgewonde om dit te sien, want die talent is veelvuldig!

“Talle bekende gesigte sal in Suidooster gesien word, wat vir Afrikaanssprekendes soos ou vriende sal voel. Dan is daar ook ’n paar opkomende sterre,” sê Karen Meiring, M-Net se Direkteur van Afrikaanse kanale.

image001

Veteraanakteurs wat in Suidooster te sien is, is Denise Newman, Johan Botha, Cedwyn Joel, Abduraghmaan Adams en Marcel van Heerden. Ander bekende gesigte is Theresa Sedras, Jill Levenberg, Portia Joel, Danny Ross, Irshaad Ally en Marco Spaumer.

Die storie van Suidooster gaan oor ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ’n fiktiewe voorstad in Kaapstad, waar drie gesinne in mekaar se doen en late betrokke is. Hulle deel in mekaar se lief en leed, maar natuurlik is daar ook vreugde, vetes, twis, liefde, wraak, misverstande en jaloesie.

Suidooster sal van 16 November 2015 op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. uitgesaai word.

Hier is die lusmaker:

Lees ook