The Voice SA logo
Het jy gehoor?

Só lyk dit op die stel van ‘The Voice South Africa’

Ons is baie opgewonde vir die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice. 

Die verfilming van The Voice South Africa het gister in Johannesburg begin.

Die afrigters, Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld, Lira en Kahn Morbee, het in hul rooi stoele na SA se talent geluister.

The Voice werk anders as ander sangprogramme, omdat die oudisies “blind” is. Die vier afrigters sit met hul rug na die sanger en besluit sonder om hulle te sien of hulle moet deurgaan na die volgende ronde.

The Voice set

FOTO: Cathy Pinnock/M-Net

Die finaliste kry dan elk ’n afrigter wat hul talent help ontwikkel.

Die Amerikaanse weergawe van The Voice se afrigters is Pharrell Williams, Adam Levine, Blake Shelton en Gwen Stefani. In die verlede was Christina Aguilera, Shakira en Usher ook afrigters.

Vir meer inligting oor The Voice South Africa of om deel van die gehoor te wees, besoek mnet.tv/thevoice.