FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só lyk George Clooney se Amal se verloofring

Hulle het gesê dit kan nie gedoen word nie. George Clooney was die ewige alleenloper – altyd met ’n mooi vrou aan sy sy. Maar die Britse prokureur Amal Alamuddin het sy voete onder hom uitgeslaan …

Die tydskrif People het eksklusiewe foto’s gekry van die verloofring wat George Clooney aan Amal gegee het. Dié foto’s is geneem tydens ’n ete saam met George se groot vriende Cindy Crawford en haar man, Rande Gerber, in Kalifornië.

George Clooney

George het ook glo gehelp om die ring te ontwerp. En dit is groot! Kenners sê die smaragvorm-diamant is groter as 7 karaat en in platinum geset. Die 52-jarige akteur het glo op die tradisionele manier vir Amal gevra om te trou – deur op sy een knie te sak.

KLIK HIER om die ring te sien

George het verlede maand na Doebai gereis om Amal, wat in Lebanon gebore is, se familie te ontmoet. Amal het by die Universiteit van Oxford studeer en is ’n prokureur in Engeland wat haar bemoei met menseregte.

George was voorheen nog net een maal getroud en dít sowat 20 jaar gelede met Talia Balsam. Hy het intussen vele hoë-profiel verhoudings gehad met onder andere aktrise Lucy Liu (Charlie’s Angels en Elementary) en die modelle Elisabetta Canalis en Lisa Snowden.

In dié video praat van People se joernaliste oor “die verlowing waarvan almal praat”:

Bronne: People, Huffington Post