Gwyneth Paltrow
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Gwyneth Paltrow FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só lyk Gwyneth Paltrow se detoks-dieet

Ná die baie eet dié feestyd, het Hollywood-aktrise Gwyneth Paltrow besluit om dié jaar met ’n detoks te begin. Sy het die dieet op haar blog, goop, gedeel.

Al het die 41-jarige ster seker nie soveel vrugtekoek soos die meeste van ons geëet nie, het sy in samewerking met dr. Alejandro Junger, skrywer van Clean Gut, dié detoks-plan saamgestel. Sy skryf op haar blog: “Julle weet ons geniet ’n goeie detoks hier by goop, en Januarie is geen uitsondering nie.”

FOTO: goop

FOTO: goop

Die dieet: begin elke dag met ’n glas water by kamertemperatuur met suurlemoen daarin, en drink baie kruietee. Omdat hulle in die Noordelike Halfrond is, fokus die dieet op die koue wintermaande en sluit verskeie soorte groentesop in. Maar daar is ook resepte vir slaaie, hoender- en salmgeregte.

FOTO: goop

FOTO: goop

Kry die resepte vir dié geregte HIER.

Gwyneth sê hierdie detoks is nie so streng soos ander wat sy al gevolg het nie. Maar vir drie dae sny sy al dié items uit:

  • Suiwel
  • Gluten
  • Skulpvis
  • Enigiets wat geprosesseerd is
  • Aartappels, tamaties, eiervrug
  • Smaakmiddels
  • Suiker
  • Alkohol
  • Kafeïen
  • Gaskoeldrank

* Hierdie dieet word nie deur SARIE onderskryf nie. Moenie enige dieet volg wat jou lighoofdig laat voel nie en praat eers met jou dokter indien jy enige kwale het.