Jana Strydom voor vanjaar se Tempo toekennings FOTO: Twitter (@Jana_Strydom)

Het jy gehoor?

Só lyk Jana Strydom in haar nuwe fliek

Jana Strydom het ’n groot transformasie ondergaan om die rol van ’n sieklike ma te speel. Só lyk sy op stel van haar nuwe fliek waaraan sy die afgelope week begin skiet het.

Dié fliek, Verskietende ster, gaan oor Phillip (Deandré Reiners), ’n musiek-genie wat binnekort een van die wêreld se grootste sterre gaan wees. Maar daar is sekere goed wat Phillip terughou – soos die dood van sy ma, gespeel deur Jana.

Thx @gerliamakemeup – nice as jy in die spieel kyk & beter begrip v hoe jy veronderstel is om te voel kry! @hykieberg pic.twitter.com/R6vKk9NUQl

Ander sterre sluit in Hykie Berg, Hannes van Wyk, Hanli Rolfes en Corine du Toit.

Jana het getwiet dat die grimering vir haar ’n beter begrip gee van hoe haar karakter moet voel. Dís hoe sy in dié film lyk:

Dit lyk of dié fliek ’n behoorlike tranetrekker gaan wees! Hier is Jana saam met Deandré, haar jong medester. Hy speel die rol van die jong musikant, Phillip.

FOTO: Twitter (@Jana_Strydom)

FOTO: Twitter (@Jana_Strydom)

Nóg oor Afrikaanse rolprente op SARIE.com