FOTO Twitter/ @Jamesmay

FOTO Twitter/ @Jamesmay

Het jy gehoor?

Só lyk Jeremy, James en Richard se nuwe program!

Drie woorde: Ons is opgewonde! Die lokprent vir Jeremy Clarkson, James May en Richard Hammond se nuwe motorprogram, Grand Tour, is pas uitgereik. Soos altyd lyk dit of dié drie motor-musketiers weer hope pret gaan hê en lekker nonsens gaan aanvang.

Jeremy is in Maart 2015 ná ’n omstrede uitval met een van die vervaardigers van BBC se Top Gear in die pad gesteek. Richard en James het hom soos een man gevolg en bedank. Dié drie het toe saam met Amazon ’n nuwe motorprogram geskep.

Intussen het Chris Evans, wat die leisels by Jeremy oorgeneem het, Top Gear gegroet. Hy het in Julie bedank.

Maar sy mede-aanbieder en voormalige Friends-ster, Matt LeBlanc, het reeds ’n kontrak vir nóg twee seisoene van Top Gear geteken, berig BBC.

Kyk die lokprent van Grand Tour hier:

Lees nou

Lady Gaga se nuwe liedjie oor eks Taylor Kinney?

Matt Damon is dit jy?

Eerste baba op pad vir Navi Redd-sanger Andre en sy René