Het jy gehoor?

Só lyk Mary-Kate Olsen se verloofring

Dit voel soos nou die dag dat die Olsen-tweeling ons in Full House vermaak het, maar sedertdien het dié twee suksesvolle besigheidsvroue en modeontwerpers geword. Boonop is Mary-Kate Olsen nou verloof en haar verloofring is werklik iets spesiaal.

Mary-Kate-Ashley-Olsen-Cover-Vogue-20111

Mary-Kate (27) is verloof aan die Franse bankier Olivier Sarkozy (44). Hy het vir haar ’n vintage Cartier-ring gegee wat volgens Style Caster in 1953 gemaak is.

Dié ring het ’n 4 karaat-diamant met 16 saffiere rondom wat geset is in goud met nóg diamante. Dié ring kos na raming byna R900 000 – kleingeld vir Mary-Kate en Olivier wat albei miljoene werd is.

 

Dié paartjie gaan al ongeveer vir 2 jaar uit. Olivier is die halfbroer van die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy.

Bronne: Style Caster, The Telegraph