FOTO: Instagram @missuniverse

FOTO: Instagram @missuniverse

Het jy gehoor?

Só lyk Mej. Wêreld en Mej. Heelal

Die nuwe Mej. Wêreld en Mej. Heelal is bekend gemaak, maar nie sonder ’n bietjie kontroversie nie.

Dit was tyd vir ons pragtige Rolene Strauss om die Mej. Wêreld-kroon te oorhandig. Dié geleentheid is in Sanya, China, gehou, maar reeds voor die kompetisie begin het, het dit vir die verkeerde redes media-opskrifte gehaal.

Mej. Kanada, Anastasia Lin (25), wat in China gebore is, se aansoek om ’n visum te kry om China te besoek, is geweier. Sy glo dis weens haar kritiek teen die Chinese regering. Lees meer HIER.

Mej. SA, Liesl Laurie, het die top-10 gehaal, maar daarna uitgeval. Die wenners is:

  • Tweede prinses: Maria Harfanti van Indonesië
  • Eerste prinses: Sofia Nikitchuk van Rusland
  • Mej. Wêreld: Mireia Lalaguna Royo van Spanje


Die program self was nie goed georganiseer nie, want die aanbieders het nie altyd geweet presies wat om te sê of hoe lank hulle het om dit te sê nie.

Maar die Mej. Wêreld-byeenkoms het betreklik goed verloop in vergelyking met die Mej. Heelal-kroning.

Die 64ste Mej. Heelal-byeenkoms is in Las Vegas gehou en Mej. Filippyne, Pia Wurtzbach, is ná groot verwarring as die wenner aangewys.

Die aanbieder, die Amerikaanse TV-persoonlikheid Steve Harvey, het verkeerdelik aangekondig dat Mej. Colombië, Ariadna Gutierrez, die wenner is.

Sy was besig om die kroon en die blomme te ontvang toe die regstelling kom dat sy eintlik die eerste prinses is en Pia van die Filippyne die wenner.

FOTO: Oeps! Die kroon word van Mej. Colombië weggeneem.

VIDEO: Steve Harvey maak die regstelling – Mej. Filippyne is die eintlike wenner

In die derde plek is Mej. VSA, Olivia Jordan. Refilwe Mthimunye het Suid-Afrika verteenwoordig en die top-15 gehaal.

Bronne: The Telegraph, CTV News en Rappler