Mellisa ná haar gewigsverlies FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só lyk Melissa McCarthy ná sy 20+ kg verloor het

Die gewilde aktrise Melissa McCarthy het rede gehad om te glimlag – nie net het sy die toekenning vir die Gewildste Komiese Aktrise by die People’s Choice Awards dié week ontvang nie; sy het ook al meer as 20 kg verloor.

Die 44-jarige ster van flieks soos Bridesmaids en Heat het haar loopbaan gebou op die feit dat sy nie rietskraal is nie. Maar vir gesondheidsheidsredes het sy al meer as 20 kg afgeskud met die hulp van ’n hoë-proteïen-lae-koolhidraat-dieet, berig Star.

En ons kan duidelik die verskil sien op foto’s van Melissa vroeër vandeesweek op die rooi tapyt by die People’s Choice Awards.

Sy het ’n gestruktureerde swart baadjie en broek gedra en haar voorkoms afgerond met helderrooi lipstiffie.

Voor haar gewigsverlies

Melissa voordat sy gewig verloor het FOTO: Gallo Images / Getty Images

Melissa voordat sy gewig verloor het
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ná haar gewigsverlies

Mellisa ná haar gewigsverlies FOTO: Gallo Images / Getty Images

Mellisa ná haar gewigsverlies
FOTO: Gallo Images / Getty Images

’n Vriend het aan Star gesê dat Melissa haar dieet stadig met klein veranderinge begin het, maar sy het vinnig groot resultate gesien.

Melissa, wie se niggie die Playboy-model en aktrise Jenny McCarthy is, eet blykbaar minder pasta en brood. Maar sy laat die dieet nie haar lewe oorneem nie.

“Melissa weet haar aanhangers hou van haar omdat sy groot en mooi is, sy is nie obsessief oor dieet nie,” sê die bron. “Sy soek ’n middeweg.”

En dis glo nie die druk van Hollywood wat haar die gewig laat verloor het nie, maar eerder dat sy om haar kinders se onthalwe nou gesonder wil wees en langer wil lewe.

Melissa is getroud met die akteur Ben Falcone en die egpaar het 2 kinders, Georgette (4) en Vivian (7).

Bronne: Star, Daily Mail en Hello!

Lees nou