FOTO Instagram / @mirandakerr

FOTO Instagram / @mirandakerr

Het jy gehoor?

Só lyk Miranda Kerr en Pippa Middleton se ringe

Die Australiese supermodel Miranda Kerr en die hoof van Snapchat, Evan Spiegel, is verloof. Natuurlik het Miranda die nuus sommer eerste op Snapchat gedeel.

Dit lyk of Evan haar omtrent met ’n rots van ’n diamant bederf het. Die paartjie het in 2014 ontmoet en verlede jaar Junie begin uitgaan.

I said yes!!!

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

FOTO Instagram / @mirandakerr

FOTO Instagram / @mirandakerr

Sy is nie al bekende wat verloof geraak het nie. Pippa, suster van die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is ook verloof. Die 40-jarige sakeman James Matthews het haar hand die afgelope naweek gevra. Kyk net hoe lyk haar ring!

En die Binnelanders-akteur Clint Brink het verloof geraak aan die Nambiese model Steffi van Wyk. Steffi het vanoggend die nuus op sosiale media gedeel.

Om ’n reuse-verloofring te kry is die norm in Hollywood, want glanssterre dra mos gewoonlik diamante so groot soos rotse aan hul ringvinger.

Hier is van Hollywood se grootste verloofringe

Lady Gaga se 6-karaat-hartdiamant

And jersey nails#home A photo posted by The Countess (@ladygaga) on

Blake Lively se 7-karaat-ring

Jennifer Aniston se 8-karaat-ring

Kim Kardashian se 15-karaat-ring

Angelina Jolie se 16-karaat-ring

Beyoncé se 17-karaat-ring

Lees nou

Kate Middleton se haarstileerder verklap …

SA plusgroot model