914289de-d3be-4a23-a54e-e91fe4f22f25WallpAutoWallpaper2
Het jy gehoor?

Só lyk ’n cupcake van R10 000!

’n Man van Toronto in Kanada het byna R10 000 opgedok vir ’n geskenk vir sy vrou se 40ste verjaarsdag. Die geskenk? ’n Kolwyntjie.

Die man het na die Le Dolci-bakkery in Toronto gegaan en gevra vir ’n uitspattige nagereg vir sy vrou se verjaarsdag. Ná dae het die span met dié volgende konkoksie vorendag gekom – gemaak uit van die duurste bestanddele in die wêreld.

4b5f3f45-9928-46f3-875b-2136fe2e1b84WallpAutoWallpaper2

CTV News het ’n lys bestanddele van dié kolwyntjie gepubliseer:

  • Kona Blue Mountain-koffie
  • seesout van Camargue in Frankryk
  • organiese rietsuiker
  • kakao van Valrhona (’n Franse luukse sjokolade)
  • vanielje uit Tahiti
  • Krug Collection Brut-sjampanje
  • Rosewood Estate-heuning
  • botter van Normandië
  • Amadei Italiaanse sjokolade
  • 24 karaat eetbare goudstof en blare
  • Courvoisier (’n soort konjak)

Die kollewyntjie het hom glo $900 uit die sak gejaag – dis ongeveer R9 500!

914289de-d3be-4a23-a54e-e91fe4f22f25WallpAutoWallpaper2Die borrels op die koek is sjampanje-borrels wat hulle met ’n molekulêre gastronomie-tegniek geskep het. Die “diamante” aan die rand van die kolwyntjie is van suiker, meel, heuning en sout gemaak.

FOTO’S van Le Dolci Bakery

Wat dink jy van dié duur kolwyntjie? Die geld werd? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: CTV News en National Post