Shane Warne en sy vorige meisie, Elizabeth Hurley FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Só lyk Shane Warne se nuwe meisie

Die 44-jarige krieketster het verlede Desember sy verhouding met sy verloofde, Elizabeth Hurley, beëindig. Nou het hy bevestig dat hy ’n nuwe meisie het, die 30-jarige model Emily Scott.

Soos Shane, is Emily ook van Australië. Dié twee het reeds saam gekuier, maar dit was toe hulle saam by Wimbledon opdaag dat hulle besluit het om hul verhouding amptelik aan te kondig.

Hy het getwiet nadat hy gesê het hy gaan Wimbledon toe:

Die nuwe paartjie was ook al saam Parys toe en albei het foto’s van dié toer op hul Instagram-profiele gedeel.

Emily het voorheen ’n verhouding met die Britse TV-aanbieder David Walliams gehad en was ook getroud met Ritchie Neville van die Britse popgroep 5ive.

Nog ’n foto van die nuwe paartjie:

Nóg nuwe verhoudings op SARIE.com