FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só lyk Sofia Vergara se verloofring

Die sexy Modern Family-aktrise Sofia Vergara het op Oukersaand verloof geraak aan die aantreklike True Blood-akteur Joe Manganiello, het E! News berig. 

Die paartjie het in Julie begin uitgaan en Joe het die groot vraag op die strand in Hawaii gevra.

FOTO: Sofia Vergara on WhoSay
 

En die verloofring is nogal iets om te aanskou! Sofia self het nog nie foto’s daarvan op sosiale media geplaas nie, maar E! News het dié foto’s van haar groot diamant.

Klik HIER om nóg foto’s van haar ring te sien

Die 42-jarige Sofia het haar vorige verlowing in Mei verbreek – net voordat sy en Joe begin uitgaan het. Sofia en haar eks, Nick Loeb, was vir byna 2 jaar lank ’n paartjie.

Bron: E! News

Lees nou