Sorina Erasmus en haar man, Braam, se eersteling is die vierde geslag Braam Riekert VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Só lyk Sorina se Braambossie

Die sangeres en aktrise Sorina Erasmus, oftewel die Flooze, het uiteindelik vir die wêreld gewys hoe haar en haar man, Braam, se eersteling lyk – in ’n musiekvideo!

Klein Braam Riekert (hy is die vierde geslag met dié name) maak sy eerste openbare verskyning in sy ma se nuwe musiekvideo vir haar lied Welkom in ons wêreld.

Sorina Erasmus by haar eersteling, Braam Riekert VIDEOGREEP: YouTube

Sorina Erasmus by haar eersteling, Braam Riekert
VIDEOGREEP: YouTube

Sy vertel op Facebook dat sy die lied verlede jaar geskryf het nadat sy uitgevind het dat sy en haar man vir klein Braam verwag.

“Hoewel ons aanbiedinge gekry het om hom op verskeie maniere eksklusief aan die wêreld en media bekend te stel, wou ek en manlief dit graag self op ons eie manier doen,” verduidelik sy op Facebook.

Kyk net hoe oulik is Sorina se eersteling, wat drie weke gelede gebore is.