FOTO @sistenestallone

FOTO @sistenestallone

Het jy gehoor?

Só lyk Sylvester Stallone se model-dogter

Op 17 het Sylvester Stallone, oftewel Rocky, se dogter haar eerste groot tree in die modelwêreld gegee. Sistine Stallone het onlangs ’n kontrak met die gesogte IMG-modelagentskap geteken, die einste agentskap wat supermodel Gisele Bündchen en sakemagnaat Elon Musk se 68-jarige ma verteenwoordig.

Sistine se ma, Jennifer Flavin Stallone, was ook ’n model en het op 19 begin werk. Sylvester en Jennifer is sedert 1997 getroud en het drie dogters. Sistine is die naasoudste en sy het op 16 reeds in Teen Vogue verskyn.

Obsessed w my new jacket from @diesel thank you @thealistofficial for hooking me up! A photo posted by SISTINE STALLONE (@sistinestallone) on

 

Dit lyk of Sistine nes haar pa se ikoniese karakter, Rocky, beslis gaan triomfeer – maak nie saak wát oor haar pad kom nie. Oppas, wêreld, hier kom ’n Rocky-kloon!

Lees nou

90’s-supermodelle: toe en nou

Brie Larson verloof

Ryan Gosling en Eva Mendes verwelkom 2de baba