Het jy gehoor?

Ma Middleton se dieet

Vir Carole Middleton, Kate se ma, was dit ’n realiteit. Voor Kate en William se troue het sy die Dukan-dieet gevolg, berig people.com. En soos ons almal weet, het sy asems weggeslaan die dag van die troue. Haar leuse was: “Geen stysel, geen probleem!”

So wat maak dié dieet anders?

Dis deur dr. Pierre Dukan, ’n Franse mediese dokter, uitgewerk. Dit bestaan uit vier fases. Die eerste twee is om wkstra gewig af te skud, en die ander twee fases vir die stabilisering van jou gewig om te verseker dat jy dit nie weer aansit nie.

Die Dukan-dieet bestaan hoofsaaklik uit ’n groot hoeveelheid proteïne en groente. So, as jy mal is oor jou tjoppie, hoef jy dit nie eens te probeer nie!

In die derde fase word stysel, vrugte en suiwel weer bietjies vir bietjie in jou dieet ingewerk.

Die laaste fase is om jou weer vryheid te gee oor jou eie maaltye. Jy kan dus eet wat jy wil, maar met dié reëls:

•    Een keer in die week moet jy een dag eet soos in Fase 1 (slegs proteïene en groente)
•    Jy moet elke dag 20 minute stap
•    Jy mag nooit weer ’n hysbak gebruik nie!
•    En jy moet elke dag drie eetlepels hawermout eet

Die sukses van dié dieet lê ook daarin dat jy kan eet soveel as wat jy wil en jy verloor baie vinnig gewig, wat goeie motivering is.

Vir meer inligting besoek www.dukandiet.co.uk/

  • Petro Walters

    Dit is vir my baie interessant dat soveel mense te velde getrek het teen die Atkins dieët, maar van daar af het soveel dieëtkundiges begin aanbeveel dat stysel "beperk" word tot smiddae op die laatste, dat styselvorme beperk word en nou is die sirkel voltooi en stysel word van voor af beperk…

    Dit beteken vir my dat die Atkins miskien op die ou-end miskien biejtie "oorboord" was, maar dat die beginsel van stysel-uitsny gewerk het en steeds werk. My dieëtkundige het gister ‘n nuwe eetprogram voorgeskryf en ek mag gladnie stysel inneem nie – vir 8 weke… Navorsing het ook bewys dat hoe ouer ons vrouens raak, hoe minder stysel moet ons inneem omdat dit so gou in vet omsit, tensy jy ‘n strawwe oefenprogram volg.

    Sal graag ander se resultate en opinies wil vergelyk hier.

  • Mariëtte

    en het sy nie pragtig gelyk nie!

  • Marina

    Ek is ook op ‘n hoë proteien dieet – derde dag. Is dit nie snaaks dat mens gewoonlik kan besig bly en aangaan met jou dag – soms nie eers aan kos dink voor laat middag nie, maar wees nou net op ‘n dieet en jy het drog drome van stapels versierde kolwyntjies en malvapoeding, dit is ‘n stryd.!!!

  • Hannie de Waal

    Petro, jy slaan die spyker op die kop!
    En na jou 8 weke verby is, hou matigheid voor oe. Dit werk werklik.
    Sien hoeveel energie jy gaan kry………..jy voel naderhand soos ‘n hiperaktiewe kleuter!!
    Sterkte met jou nuwe leefstyl.

  • magda

    My vetjies het nou seker nie so vinnig verdwyn nie maar bly steeds af ongeag ek soms n stuk koek of twee eet……. het vanaf Januarie begin om geen fizzy drinks te drink nie, geen suiker in my koffie en beslis n appel n dag en baie water! Die groot storie is die cliche ‘kry jou kop reg’ – jy is nie op n dieet nie en basta met die res…. ek het sover al 8kg verloor.

  • Ans Grové

    My broer is op ‘n "eetplan" – eerder as ‘n dieet – hy het net 45% nierfunksie en moes drasties gewig verloor. Hy mag alles eet en absoluut niks word uitgeskakel nie. Die enigste beperking is met die porsie-groottes, bv. ‘n derde tjoppie tel as ‘n porsie. Hy het in twee maande reeds 18kg verloor – nie ‘n kitsdieet wat jou na ‘n tyd weer laat ‘binge’ eet nie. Hy sê hy word nooit honger nie en het baie energie. Sy bene swel nie meer nie en sy bloeddruk is normaal. Ek het nog nooit geglo in ‘n dieet waar jy sekere kosse heeltemal moet uitskakel nie. Dis onnatuurlik en werk nie. Reg eet moet ‘n leefwyse word.

  • Pieter

    Maddie, hierdie artikel per abuis gesien en aan jou gedink…

  • XenaXina

    ‘n Homeopaat het my 18 jaar gelede op ‘n hoë proteindieet geplaas. Ek het 15 kg in 3 maande verloor en nooit weer probleme ondervind met vet wat saampak nie. Sy dieet was bykans identies aan die Dukandieet. Ek pas die beginsel nog steeds toe vir ‘n week of wat na ‘n vakansie – verder probeer ek deurgaans om minder koolhidrate en meer proteiene in te neem. Vir oefening stap ek daagliks en klim af en toe berg. Ek raak-raak aan die 70 maar is fikser as wat ek in my veertigs was.

  • Adriana

    al drae ‘n aap ‘n goue ring, bly hy nog ‘n lelike ding…

  • Elsabe

    @Adriana… wat bedoel jy met jou kommentaar? Vir die res van ons was sy pragtig en het die hele gesin baie stylvol daar uitgesien met die troue. Ek gaan beslis ‘n hoe protein dieet volg.

  • Anneline

    Dukan dieet werk fantasties, ek en my man is nou vir 7 weke op die dieet, hy het 8kg gewig verloor en ek het 7kg verloor. Ons het al voorheen die Atkins dieet gevolg maar nie so vinnig en so baie verloor soos met die Dukan nie. Die eerste week is die moeilikste maar daarna is dit maklik om in routine te bly! Ek ry nog elke dag die hysbak en oefen gladnie. Die beste dieet wat ons nog gevolg het, ek bak die Dukan muffins wat ons soggens saam met ons tee of koffie geniet, eet biltong en droewors dat dit by ons ore wil uitloop (maar ten minste geniet ons dit), eet baie lean turkey, eiers, steak, hoender, 0% Fat en 0% Sugar yogurt wat ons by Carrefour in Dubai koop en Jell-O se kitspoeding met 0% Fat en 0% Sugar wat ek aanmaak met skimmed milk, maar die kry ek net van Singapore af. Ons is nooit honger nie. Eet gereeld uit maar beperk dit tot steak en eiers met groente of slaai. Ek maak van die 2de week af al Griekse slaai saam met die vleis maar gebruik die Fatfree Filedelphia kaas in plaas van die Fetta kaas. En laastens, drink maar gerus 3 liter vloeistof in die dag, water, koffie, tee, dieet soda!

  • Elsje Holmes

    Ek gaan beslis die dieet probeer. Ek is 55 jaar oud en glad nie skaam om dit te se nie. My gewig is tans 54 kilogram maar ek wil net weer 4 kilogram verloor dan is ek reg vir die somer. Wintertye is ek altyd geneig om n bietjie oorboord te gaan maar ag dit is darem so lekker om so af en toe n ou sjokoladetjie te eet of n blikkie gekondenseerde melk te drink. Ag man, dit alles verdryf mos die koue.!

  • Marielize

    Of dit nou Dukan, Atkins, Paleo, Low-Carb genoem word, dit maak nie saak nie. Eet jou vleis en groente vermy suiker graan en stysel en meeste plant olies (behalwe, olyf, avokado ens) en jy sal gesonder wees as wat jy ooit kon dink. Ek lewe vir die afgelope 3 jaar so en was nog nooit gesonder nie. Oppas net vir mense wat jou wil oortuig jy nie sal kan "uithou" sonder al daai stysel en suiker nie – dis eintlik baie maklik.

    Kyk gerus die dokumenter "fathead" om beter te verstaan. Of luister na al die webcasts op Jimmy Moore se blog Livin la vita low carb.

  • Hilly

    My sus doen die Cohen dieet.
    Werk soos bom! Jy eet nog iets van als via eet plan, maar koolhidrate is baie beperk.
    Kry baie ondersteuning. En die lyf word nie sakkerig, maar mooi maer.

    Maar belangrikste is die na die tyd! Dan moet mens jou verstand gebruik en nie weer in ou gewoontes terug val nie. En die wereld is so ingestel op kits kos en lekker goed! Selfs by die Mica Hardeware kan mens al keoldrank, chippies en lekker goed koop. Net soos by Ackermans wat klere winkel is.
    Selfs Woolwoths wat sogenaamd ‘groen ‘ winkels is. As jy wil betaal moet jy eers deur al die lekker goed loop en heeltyd nee, neee, nee se vir jouself en die kinders wat saam met jou loop! Anders leer jy jou kinders ook nog verkeerde gewoontes.

  • Danie Gerber

    Sjoe, maar sy is net so pragtig, die appel val duidelik nie vêr van die boom nie!

  • liesje

    matigheid voor oë is my leuse en as ek hier en daar oortree, dan skakel ek n vrugte dag in…

  • Gerda

    Het ook lekker gewig verloor deur net stysel te beperk in my dieet – het Januarie daarmee begin en die craving na aartappel was erger as na sjokolade! Nou is dit egter fantasties om so te eet – 7 kg later! Ek het nou weer begin om 1 maal per week ‘n stysel in my dieet te voeg. Ons is geneig om onsself te oorlaai met energie wat ons nooit opgebruik nie. Al volg jy ‘n oefenprogram, het jy nog steeds nie soveel reserwes nodig nie.

  • Chrissie

    Kate se ma het stunning gelyk Carole kan trots op haarself wees elke dogter sou trots wees op haar as dit hul ma was. Mensies baie oefen reg eet, min stysel en baie water sal sorg dat jy nooit op ‘n dieet hoef te gaan. Gewig sal self afval en so bly. Maar moet ook erken ek kyk na my eetgewoontes maar straf myself nie as ek nou en dan lus is vir ‘n lekker stuk sjokelade koek of sjokelade nie. O ja nog ‘n groot dilemma is alkohol, alkohol hou water terug en bevat baie suiker, vermy net dit en die gewiggies smelt weg. Lekker naweek mensies.

  • Linda

    Om stysel uit te sny is al wat vir my werk as ek ‘n kilo of ses wil verloor (in ‘n korter tyd) en die gewig bly weg al begin ek weer ‘normaal’ eet.

  • Amelia

    Ek was ook vir 10 weke op ‘n lae stysel dieët – het die eerste drie weke dit heeltemal uitgesny en van die 4de week af stadig weer begin byvoeg. Ek het ongeveer 1kg per week verloor, maw 10kg in die hele tydperk wat ek op die dieëet was. Maar ek is ‘n vreeslike soettand en sukkel geweldig om sweets uit te los! Die groot stryd is in jou kop, jy moet gedetermineerd wees om nou maar eenmaal die "lekker" goed te laat vaar! Ek het ook baie water gedrink en 4 keer per week vir ‘n uur aerobiese oefening gedoen. Sommige mense glo in die bloedgroep-dieët, waar jy seker kosse uitskakel volgens jou bloedgroep, maar enige mens, ongeag watse bloedgroep, sal gewig verloor as stysel uitgeskakel/verminder word. Volgens my bloedgroep (A), behoort ek min protëiene te eet, maar op die hoë protëine/lae stysel dieët het ek vinnig gewig verloor.

  • Zaan

    Hi, ek stel graag belang in die dieet, Wat werk dit ‘n mens uit in Rande om in teken?

  • alet

    Ek het 5 maande kennis gemaak met die Atkins dieet. hoe protein werk, was maar net moeilik om van my artappels en sjokolade af te sien. 52 jaar oud en ok glad nie skaam om dit te se nie. probeer ook baie loop.

  • Santie.

    Wat is ‘n tjoppie dan anders a protiene? In fase een is daar GEEN groente nie.

  • Mandy

    Waar kan ek di Dukan dieet kry?

  • Lena

    Eet enige-iets sny net stysel en vet uit sover as wat jy kan.Eet meer vrugte en groente elke dag en jy sal verbaas wees.

  • Lubbe

    ek sal ook graag wil weet wat die rand waarde is en of daar iemand in Suid Afrika is wat die dieet plan verkoop. ek was self op die Atkins dieet en dit het vir my gewerk

  • Susan

    Kan iemand asb vir ons die dieeet van Dukan hier plaas, wil dit graag lees, en ook volg, moet dringend 10 kg gewig afskud !!! Sal ook graag die muffinresep wil he !!!

  • Sophia Meijer

    Oppas vir te veel diere protein! Ek het jare gelede kilo’s en kilo’s verloor met ‘n hoe protein dieet en toe kankerselle begin ontwikkel. Oormatige protein oor ‘n lang tydperk kan die niere aantas en kanker veroorsaak! Daar is natuurlik gesonde proteine soos avokadopeer. bone, neute en lensies en vis. Hiervan moet mens egter 3 porsies per dag eet een dan baie groente! SOPHIA

  • Rika van Niekerk

    Sak baie graag wil weet wat dit in Rande kos???

  • Jo-Anne

    Waar kan ek die dukan dieët in die hande kry?

  • Susan

    http://www.mydukandiet.com/

    Gaan op die webbladsy, alles is daar, resepte ook !!!

    Ek gaan dadelik begin, alles volledig !!

  • marchelle

    Genade wel ek soek ook die dunken dieet ek is so 37kg oorgewig…kan iemand dit vir my gee dis sal so waardeer word…….