FOTO: Facebook Runway of Dreams

Het jy gehoor?

Ma maak praktiese én trendy klere vir gestremdes

Toe Mindy Scheier van New Jersey een oggend haar kinders gereed maak vir skool, het haar 10-jarige seun, Oliver, gevra of hy ook jeans kan aantrek. Dit klink dalk na ‘n eenvoudige versoek, maar vir Oliver wat aan spierdistrofie ly en beenstutte moet dra, is dit nie net onprakties nie, maar byna onmoontlik. Weens sy toestand kan hy ook nie self knope losmaak en vasmaak nie. 

Dis toe dat Mindy besluit het om aanpassings te maak aan alledaagse mode-items sodat gestremdes ook die nuutste trends kan volg, berig die Huffington Post.

FOTO: Facebook Runway of Dreams

FOTO: Facebook Runway of Dreams

Danksy die vraende ogies van haar jong seun het Mindy ’n “ah-ha”-oomblik gehad en in 2013 het sy Runway of Dreams begin.

Mindy glo dat haar klerereeks gestremdes help om in te pas: “Klere kán die verskil maak,” het sy gesê.

Besoek gerus die Runway of Dreams-webtuiste vir meer inligting.

Bron: Huffington Post