nelson_mandela
Het jy gehoor?

Maak gereed vir Madiba Monday

Madiba Monday is ’n wonderlike inisiatief om die vader van ons nasie te vereer en sy spoedige herstel te vier!

Vervang jou profielfoto of Facebook en Twitter met ’n foto van hom om deel te neem aan Madiba Monday. Haal ook sommer jou vlaggie van verlede jaar se Wêreldbeker uit die kas, en wees vir ’n slag weer trots Suid-Afrikaans!

Ons het soveel om voor dankbaar te wees, so kom ons vat hande en wees saam dankbaar vir Madiba.

 

 

  • Jayne

    Sjoe, ek dink dis ‘n wonderlike inisiatief van Sarie se kant af!! Sal beslis so maak. Ai dit sal fantasties wees as hy kan herstel. Dankie vir Madiba wat so ‘n mooi voorbeeld vir ons almal is. Gesond word Madiba!