FOTO: Instagram (@vsco)

FOTO: Instagram (@vsco)

Het jy gehoor?

Jy het net hierdie 2 apps nodig vir mooi foto’s!

Maak seker jou foto’s kry daardie likes en doubletaps, want die geheim van mooi foto’s, perfekte selfies en pragtige uitlegte is toe so maklik soos om jou App Store te besoek. 

As jy jou herinneringe vasvang, maak seker dit lyk mooi met dié twee apps.

Instasize

Screenshot_2016-01-20-16-14-59

Dié app is die perfekte alles-in-een-speelplek vir jou foto’s.

Wat: Jy kan enige grootte foto inlaai en Instasize maak dit vierkantig deur wit of swart randjies bo en onder in te las.

Hoekom: Hoewel jy nou ook reghoekige foto’s op Instagram kan laai, het jy vir sekere dinge, soos jou WhatsApp-profielfoto, ‘n vierkantige foto nodig.

Funksies: Met Instasize kan jy ook collages saamstel en filters oor jou foto’s plaas. Jy het ook die funksie om opsies soos lig en skadu te stel.

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

VSCO

Screenshot_2016-01-20-16-15-22

Wat: Hierdie app word sterk aanbeveel deur selfs professionele fotograwe. As jy ook al die funksies wat vsco bied gebruik, is dit ’n hele nuwe sosialemedia-platform. Dit bied vir jou ’n wye verskeidenheid opsies om foto’s te manipuleer.

Funksies: Sodra jy vsco afgelaai het, moet jy inteken, maar jy het nie nodig om dit te doen as jy net jou foto’s wil redigeer nie. vsco hou ook al jou foto’s op die app, so dis baie lekker om terug te gaan en weer aan ’n foto te werk of van voor af te begin.

Hoekom: Hierdie app is ongelooflik maklik en doen omtrent alles waarvoor jy kan vra. As jy inteken, kan jy ook raad lees van ander gebruikers en na hul foto’s kyk. vsco kry gereeld nuwe filters by wat jy kan aankoop of verniet kan aflaai.

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

Lees ook: