Het jy gehoor?

Mad Buddies se Tanit Phoenix oor haarself

Het jy nou ’n internasionale loopbaan?
Ek speel in ’n televisiereeks vir HBO [’n gewilde Amerikaanse TV-netwerk], Femme Fatale. Dit gaan oor vroue wat mans vermoor.

Bly jy dan oorsee?
Ek bly nou in Los Angeles.

Het jy en [die SA akteur] Sharlto Copley ’n verhouding?
Ek verkies om nie daaroor te praat nie.

Moenie worry nie, ek verstaan. En nou werk jy saam met Leon Schuster. Hoe het dit gebeur?
Ek was in Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa. Ek het die rol van die verpleegster gehad. Ek het gehoor hy maak ’n nuwe fliek, en toe hy my vra om daarin te speel het ek ingestem. Dit word versprei deur Walt Disney Studios.

Dis ’n hengse big deal. Waar het jy geleer toneel speel?
Ek het drama by die aktrise Aletta Bezuidenhout geneem. Ná 5 jaar het sy gesê: “You’ve got it, now go and do not come back.