Het jy gehoor?

Madiba by die huis vir sy 92ste verjaardag

“My oupa gaan die dag saam met sy familie deurbring. Dis vir hom moeilik om te reis weens sy ouderdom, so ons het dinge so gereël dat ons almal by hom in Houghton is vir sy verjaardag,” het sy kleinkind Zwelivelile Mandela gesê.

Die gróót, nasionale partytjie vind egter in Mvezo in die Oos-Kaap plaas. Die tema is ‘Maak elke dag Nelson Mandela-dag. Mvezo is een van die armste gemeenskappe in die land. President Jacob Zuma gaan ook daar wees.

Die hoof-organiseerder van Madiba-dag, Buti Manamela, het gesê hulle vra LP’s om die dag te gebruik om xenofobiese geweld te bekamp.

Zelda la Grange vertel: “7 lewensvoorregte danksy Madiba

Bok van Blerk, Hanna Grobler, Jeremy Mansfield

op ‘n motorfiets vir Madiba-dag.

Wat gaan jy met jou 67 minute doen? Hier’s ‘n paar idees!

Op Madiba-dag moet ons teruggee vir ons gemeenskap en ‘n verskil maak in die mense rondom ons se lewens. Só maak ons dag vir dag die wêreld ‘n beter plek. (Bron: Mail&Guardian)

  • Help die diere. Madiba is die beskermheer van die NDBV (Nasionale dierebeskermingsvereniging) en jy kan jou 67 minute gebruik om by die DBV in jou omgewing ‘n draai te gaan maak en hulp aan te bied.
  • Vind ‘n hospice of kliniek in jou omgewing met hierdie hospice finderen vind uit hoe jy kan help.
  • Lees of skenk ‘n boek. 90% van SA skole het nie ‘n biblioteek nie, en op Madiba-dag kan jy boeke skenk, of selfs net vir kinders ‘n storie lees. Klik hier vir nog boek-idees.
  • Nooi ‘n paar vriende oor vir ‘n braai. Maar voor die braai kan julle ‘n opruimveldtog van die dorp se parkie, strate of publieke areas reël.
  • Bak ‘n paar koekies en gaan laai dit by jou naaste kinderhuis af.
  • Skenk ou klere en lekker warm komberse aan ‘n nagskuiling in jou omgewing