23
Het jy gehoor?

Madiba in ‘n kritieke toestand

Mandela, wat op op 8 Junie vir ‘n longkwaal in dié hospitaal opgeneem is, se toestand is nou kritiek. President Jacob Zuma en adjunkhoof van die ANC, Cyril Ramaphosa, het Sondag 23 Junie Madiba in die hospitaal besoek waar hulle ingelig is dat sy toestand in die afgelope 24 uur kritiek geword het.

Zuma en Ramaphosa het ook met Mandela se vrou, Graça Machel, gepraat oor sy huidige toestand.

“Die dokters doen alles in hul vermoë om te verseker dat Madiba se toestand verbeter en hy in gemaklik is. Hy is in goeie hande,” het Zuma in ‘n verklaring gesê.

“Suid-Afrika en die res van die wêreld moet vir Madiba en sy mediese span bid,” het Zuma bygevoeg.

Die media het onlangs berig dat die ambulans waarin Madiba na die hospitaal vervoer is onklaar geraak het, en dat hy en sy mediese span vir sowat 40 minute langs die pad gestrand was.

Lees die volledige artikel op News24.

24 Junie 1995

Vandag, 24 Junie, presies 18 jaar gelede het Madiba saam met die Springbokke die Rugby-wêreldbeker gelig. Onthou jy dié dag?

Foto’s: Marie-Louise Myburgh