madiba
Het jy gehoor?

Jis, Madiba, hoe ga’nit op MXit?

Onlangse navorsing deur MXit, daardie sosiale selfoonnetwerk en boodskapdiens, het getoon tieners reken Madiba is die coolste chat buddy wat ‘n mens kan hê. Sowat 25% van die 5 000 (uit sowat 13 miljoen) internasionale gebruikers wat deelgeneem het, het vir Madiba gestem. Barack Obama het tweede gekom met 17%.

Op die vermaaklikheidsfront sal hulle die graagste vir Lady Gaga (23%) as chat buddy wil hê. Miley Cirus (Hannah Montana) het 17% van die stemme gekry.


Kry MXit op jou selfoon – tik die volgende adres in jou wap-browser in www.mxit.com/wap/