Nelson Mandela (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Het jy gehoor?

Madiba oorlede oomblikke voor film in Londen wys

Zindzi Mandela, Madiba se dogter, prins William, Kate en ander bekendes het gisteraand die premiére van Mandela in Londen bygewoon, onbewus van die feit dat hy enkele oomblikke voor dit by sy huis in Houghton heengegaan het. Só berig Daily Mail.

Die nuus van sy dood het ‘n rukkie voor die film begin het in Suid-Afrika gebreek. Sy dogter, Zindzi Mandela, wat ook in die gehoor was, is voor die tyd ingelig dat haar pa verswak het en naby sy dood is. Sy ander dogter Zenani het voor die film begin wys die filmhuis verlaat, glo omdat sy reeds die fliek gesien het. Volgens ‘n persverklaring deur die Nelson Mandela Stigting het albei susters die fliek verlaat ná hulle van hul pa se dood ingelig is.

Royal Film Performance Of "Mandela: Long Walk To Freedom" - Red Carpet Arrivals

Prins William en Kate Middleton (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Prins William en Kate is van die tragiese nuus enkele oomblikke voor die einde van die fliek ingelig. ‘n Paar van die gaste het die tragiese nuus uit Suid-Afrika op hul selfone ontvang, maar dit was toe Mandela se vervaardiger, Anant Singh, net ná die fliek die nuus met die gehoor gedeel het, toe die werklikheid insink.

Van die gehoorlede het in trane uitgebars en ander het in stilte gesit. “Daar was ‘n merkbare snak na asem toe die nuus aangekondig is. Dit was skokkend om dit so aan die einde van die film te hoor,” het Eleanor Simmonds, ‘n gehoorlid, vertel.

“Ek wil net sê dit is ongelooflike hartseer en tragiese nuus,” het prins William na die tyd gesê. “Ons is pas weer herinner aan wat ‘n inspirerende mens Nelson Mandela was. Ons gedagtes en gebede is met hom en sy familie.

Huldeblyke stroom in:

Oud-president F.W. de Klerk oor Madiba se dood

Desmond Tutu bid vir Madiba se familie 

President Barack Obama oor Madiba se nalatenskap

Madiba se toespraak ná hy uit die tronk vrygelaat is

“Free at last” – Madiba se toespraak op 2 Mei 1994