Het jy gehoor?

Madiba se begrafnis: Húlle kom almal na SA

Nelson Mandela se begrafnis eerskomende Sondag sal die grootste wees sedert die van Pous Johannes Paulus II in 2005. Só berig Die Burger van 9 Desember. En die gastelys van roubeklaers wat na SA gaan stroom, groei by die dag. Madiba se vrou, Graça Machel, rou nog in afsondering en het nog nie ‘n publieke verskyning gemaak nie.

Húlle is almal op pad na SA

70 staatsleiers is môre al hier vir Madiba se gedenkdiens. 

President Barack Obama en sy vrou, Michelle
Oud-president van Amerika George W. Bush en sy vrou, Laura
Oud-president van Amerika Jimmy Carter en sy vrou, Rosalynn
Oud-president van Amerika Bill Clinton
Brasiliaanse president Dilma Rousseff
Franse president François Hollande
Duitse president Joachim Gauck.
Britse premier, David Cameron
Bono
Oprah Winfrey
Bill Gates
Sir Richard Branson
Peter Gabriel
Kroonprins Felipe van Spanje
Koning Willem-Alexander van Nederland
Kroonprins Frederik van Denemarke
Kroonprins Haakon van Noorweë
Prins Charls van Engeland

Volg húlle op Twitter vir regstreekse nuus uit Qunu:

Beeld-verslaggewer Marida Fitzpatrick
City Press-verslaggewer Carien du Plessis
Felix Dlanga Mandla, fotograaf Foto24

Gedenkdienste

Môre, 10 Desember: Amptelike gedenkdiens in die FNB-stadion om 11:00. Grootskerms sal dit ook in Kaapstad uitsaai

Woensdag, 11 Desember: Gedenkdiens in die Kaapstad-stadion om 16h00
Madiba lê in staatsie by die Uniegebou in Pretoria

Saterdag, 14 Desember: Tradisionele en verwante seremonies in Qunu in aanloop tot begrafnis

Sondag, 15 Desember: Amptelike staatsbegrafnis in Qunu