Nelson Mandela (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Het jy gehoor?

Madiba: Sondag 8 Desember tot dag van gebed verklaar

President Jacob Zuma sal môre ‘n kerkdiens by die Bryanston Metodiste-kerk bywoon as deel van ‘n amptelike dag van gebed, waar mense hul medelye kan betoon en sy dood kan huldig. Dié verklaring is deur president Zuma se kantoor uitgereik.

Hy vra dat alle Suid-Afrikaners na hul naaste stadion, saal, kerk, tempel of plek van aanbidding gaan om Madiba se lewe te vier.

Toe Madiba gevra is hoe hy graag onthou sal word, was dít sy antwoord: “Dit sou egotisties wees van my om te sê hoe ek onthou wil word. Ek los dit vir Suid-Afrikaners om self te besluit. Ek wil graag ‘n eenvoudige klip hê waarop staan, ‘Madiba’.”

“Laat ons Madiba vier soos ons hom ken: Kom ons sing!” het Zuma in die verklaring gesê.

madiba fader

Vir meer inligting, klik hier

Foto-hoogtepunte van 6 Desember 2013