mandeladay
Het jy gehoor?

Madiba verjaar! Hier’s wat jy moet weet

Madiba gaan die dag rustig saam met sy familie in Qunu in die Oos-Kaap spandeer. Hy het reeds Donderdag saam met sy sekuriteits- en mediese-span daar aangekom, berig www.iol.co.za

Die Nelson Mandela Stigting se Achmat Dangor het op Eyewitness News gesê dat Madiba gelukkig en tevrede by sy familie in die Oos-Kaap is, en dat hy sy verjaardag geniet.

George Bizos, wie onlangs vir Madiba gesien het, sê dat dit met hom goed gaan. “Fisies gaan dit goed met hom. Sy geheue laat hom soms in die steek, maar hy herken nog almal. Soos baie van ons oumense, praat ons oor ons jonger dae.”

Barack Obama, Helen Zille, Hillary Clinton, Jimmy Dludlu, Bryan Habana, Patricia de Lille, Desmond Tutu en vele ander bekendes van regoor die wêreld het reeds hul boodskappe vir Madiba gestuur.

Die groep U2 het ook by ‘n onlangse konsert vir Madiba gesing.

WAT JY MOET WEET

Madiba deel sy 15 lewenslesse met SARIE-lesers

Klik by www.mandeladay.com en gee 67 minute van jou tyd vir liefdadigheid.

SARIE-boekeredakteur, Phyllis Green, se top-5 Madiba-boeke- ideaal vir jou boekrak

Bikers vir Madiba-blog op sarie.com