Madonna en haar dogter, Lourdes
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Madonna en haar dogter, Lourdes FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Madonna en 26-jarige Timor Steffens se verhoudig iets van verlede

Net dae voordat die superster Madonna haar 56ste verjaarsdag gevier het, het sy vir haar 26-jarige kêrel afgesê, berig US Weekly.

Dié paartjie was saam met Madonna se kinders, Lourdes, Rocco, David en Mercy,  op vakansie in Europa toe Madonna besluit het om die verhouding met Timor Steffens te beëindig. Hulle is al sedert Januarie ’n paartjie.

Volgens ’n bron het Madonna vir Timor gevra om sy goed te pak en terug te vlieg huis toe. Sy vakansie, en hul verhouding, was verby.

FOTO: Instagram @timorworld

Madonna se voormalige kêrel, Timor FOTO: Instagram @timorworld

Maar blykbaar is Madonna nie te hartseer nie. Die bron sê aan US Weekly dat Madonna nooit vreeslik ernstig oor dié 26-jarige danser was nie. Voordat sy en Timor uitgegaan het, het Madonna vir 3 jaar met Brahim Zaibat uitgegaan – wat ook sowat 30 jaar haar junior was.

Timor het net nou die dag nog met The Mirror gesels oor die ouderdomsverskil tussen hom en Madonna. Volgens hom het hy dít nie eens agtergekom nie en meen dat hy altyd verhoudings met ouer vroue aanknoop.

Maar dit lyk nie of Timor se vertrek enigsins Madonna se verjaardagplanne in die wiele gery het nie. Sy het dié foto’s van haar 56ste verjaardag op haar Instagram-blad gedeel. Sy het die hutsmerk “livingforlove” saam met dié foto’s gebruik.

FOTO: Instagram @dsquared2

FOTO: Instagram @dsquared2

Madonna het haar verjaardag saam met vriende soos Kate Moss in Cannes gevier.

 

Bronne: US Weekly, The Mirror