madonna_lourdes
Het jy gehoor?

Madonna en dogter sing saam – luister bietjie

Madonna en haar 15-jarige dogter, Lourdes (“Lola”), deel die mikrofoon op ‘Superstar’, nóg ‘n snit wat onlangs van haar nuutste album, MDNA, op die web die rondtes doen. Sy sing saam in die koorgedeelte van die liedjie.

Die liedjie ‘Superstar’ is ‘n opvolg op Madonna se 1998-liedjie, ‘Little Star’, waarin sy oor haar nuwe ma-skap sing én haar talentvolle dogter besing. Dit maak dus net sin dat Lourdes ook haar stem op die snit laat hoor.

Dis nie die eerste keer dat ma en dogter saamwerk nie. Hulle is mede-ontwerpers van die Material Girl-klerereeks wat in 2010 geloods is. Lola is ook te sien in die video wat wêreldwyd deur webbesoekers gekyk is.

Madonna skop vanjaar op 29 Mei haar wêreldtoer af in Aboe Dhabi.

LUISTER NA ‘N LUSMAKER VAN ‘SUPERSTAR’


  • Hermina

    Sy lyk goed. n Mooi terugkoms na egskeiding.