FOTO Instagram / @madonna

FOTO Instagram / @madonna

Het jy gehoor?

Madonna gaan Kubaans

As daar een mens is wat weet hoe om ’n behoorlike partytjie te hou is dit Madonna. En vir haar 58ste verjaardag het dié sanger vir 3 dae in Kuba gaan feesvier, omring deur haar familie en vriende, natuurlik.

Haar kinders, Lourdes, Rocco, David en Mercy, was ook by haar verjaardagpartytjie by La Guarida,  ʼn restaurant in Havana, Kuba. Die gaste is gevra om wit aan te trek. Madonna het ’n wit rok met detail van swart lint aangehad, en haarself met ’n kantwaaier koel gewaai.

Sy het tydens haar vakansie van drie dae tuisgegaan in Hotel Saratoga, berig Daily Mail. Haar suite, The Suit Habana, kos $714 (sowat R9 645) per aand! Sy kan dit natuurlik bekostig, want volgens Forbes staan Madonna se rykdom vanjaar $560 miljoen (sowat R7 miljard) sterk.

Sy het op Instagram ʼn foto geplaas van ʼn vintage kar wat in die strate van Havana ry. “Daar is niks soos Havana nie. Uniek en inspirerend. Ek wou nie gehad het die rit in die kar of my verjaardag moes ophou nie. Viva Kuba!” het sy geskryf.

A photo posted by Madonna (@madonna) on

La Cubanita es Bonita A photo posted by Madonna (@madonna) on

At The Fuster Museum!! Best Birthday Ever! Viva Cuba!

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Nothing Like Havana!! Unique and Inspiring. I never wanted this car ride or my birthday to end. A video posted by Madonna (@madonna) on

2 Rebel ‘s admire the Art in Havana! @Fusterland

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Cuba Libre A photo posted by Madonna (@madonna) on

Amerikaners kan van verlede jaar af weer Kuba besoek, berig Quartz. Ander bekendes soos die Kardashian-susters het ook vanjaar al die Kubaanse geure en kleure ervaar.

Bemba /a>

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Die pop-prinses Britney Spears, wat onlangs haar nuutste enkelsnit vrygestel het, het spesiaal vir Madonna per video geluk gesê.  

  Pre-show warm up! Wishing a happy belated birthday to @madonna!!   A video posted by Britney Spears (@britneyspears) on

Dis 13 jaar sedert Madonna vir Britney oopmond gesoen het by die VMA-musiektoekenning. Dié twee het saam met Grammy-wenner Christina Aguilera opgetree.

Lees nou