madonna_go_4_celebrity
Het jy gehoor?

Madonna regisseur en skrywer van nuwe rolprent

En boonop word die fliektonele regoor die wêreld geskiet, insluitend Frankryk, Amerika en Engeland. Die ander mede-skrywer is Alek Keshishian wat in 1991 saam met haar aan Madonna: Truth or Dare gewerk het. 

Die fliek vertel die verhaal van twee parallelle liefdesverhale wat 6 dekades uit mekaar afspeel – die groot liefde tussen Koning Edward VIII en Wallis Simpson en dié van Wally Winthrop, ‘n jong getroude New Yorker wat in 1998 ‘n obsessie het met wat sy as die perfekte liefdesverhaal beskou.

Wally (gespeel deur Abbie Cornish) los haar werk by Sotheby om met ‘n suksesvolle psigiater te trou. Sy bevind haarself in ‘n ongelukkige huwelik, gefrustreerd en verveeld. Sy soek ‘n toevlug by haar ideale liefdesverhaal, dié van Koning Edward en Wallis…

Ons reis heen en weer in tyd saam met Wallis en Wally, twee vroue wat kwesbaar maar vasberade is. Hul lewens skakel ineen. Wally ontdek later dat Wallis se lewe nie so perfek is as wat sy gedink het nie…

Madonna gesig van Dolce & Gabanna in lente/somer 2010

Madonna is ook die gesig van Dolce & Gabanna se nuwe lente/somer 2010-advertensieveldtog. Die veldtog vier die sensuele en klassieke skoonheid van die Siciliaanse leefstyl. Die Italiaanse ontwerpers Domenico Dolce en Stefano Gabbana sê hulle moes twee keer dink voor hulle vir Madonna gevra het om die gesig van hul nuwe veldtog te wees, juis omdat hulle bang was dit sou hul vriendskap in gedrang bring.

Die pop-prinses vier ook vanjaar op 15 Augustus haar 52ste verjaarsdag. Gerugte wil dit hê dat sy haarself met plastiese chirurgie ter waarde van $1miljoen gaan bederf!

Bronne: buzzytimes.com, madonnafansworld.com, wikipidea, madonna.com