madonna_truth_or_dare
Het jy gehoor?

Madonna se eerste parfuum in 15 jaar

“Ek’t saam met verskillende maatskappye en mense aan hierdie parfuum gewerk, maar dit het net nooit geruik soos ek wou hê dit moes nie,” het sy gesê.

Madonna erken dat sy duur smaak het en dat dit waarskynlik die rede is hoekom dit so lank geneem het.

“Die probleem kom altyd by massavervaardiging in, want ek hou altyd die meeste van die duurste bestanddele,” het sy gesê.

“Eenkeer wou ek amber gebruik en dit sou 1 miljoen dollar kos om dit uit Indië in te voer… Die sintetiese geur wat hulle as plaasvervanger wou gebruik was flou teen die ware Jakob. Ná vele probeerslae het ek uiteindelik ‘n parfuum wat ek vir die massamark vervaardig,” het Madonna gesê.