FOTO: Instagram @madonna

FOTO: Instagram @madonna

Het jy gehoor?

Madonna & Sean Penn weer saam?

Die skindertonge in Hollywood beweer die destydse A-lys-glanspaar Madonna en Sean Penn is weer ’n paartjie.

Madonna en Sean het die internet op hol ná die 55-jarige I am Sam-akteur weer by een van sy eksvrou se konserte afgeneem is, berig Entertainment Tonight

Sean het in die voorste ry gestaan en die pop-ikoon glo liefdevol aangestaar tydens Woensdagaand se konsert in Vancouver, Kanada. Hy het ook verlede maand een van haar konserte bygewoon en het glo geglimlag toe die “Material Girl” haar 1986-treffer “True Blue”, wat deur hom geïnspireer is, begin sing het.

Madonna en Sean is ná vier jaar van getroude lewe in 1989 geskei. Daar was sprake dat hy haar destyds fisiek mishandel het.

Charlize Theron het vroeër vanjaar haar verhouding met Sean verbreek ná hulle sowat twee jaar lank uitgegaan het.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bronne: Entertainment Tonight en Daily Mail

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer oor #StrongerTogether