madonna_retouched
Het jy gehoor?

Madonna soos sy regtig lyk

In dié Dolce & Gabbana-advertensies is dié 52-jarige popkoningin smeulend met ‘n vel en lyf waarvan baie twintigerjariges maar net kan droom – wat nog te sê van vroue in hul vyftigs! Maar ‘n paar dae gelede is die ware feite ontbloot toe die oorspronklike foto van Madonna met haar amper manlike bo-arms en bultende are op die web versprei is. ‘n Kundige het die oorspronklikheid van dié foto bevestig, berig www.dailymail.co.uk. Volgens hom het hulle onder andere haar veltoon verander, wangbene meer beklemtoon en haar ken meer definisie gegee.

Net weer ‘n bewys dat bekendes ook maar net mens is!

Sien nog foto’s hier

Madonna vóór Photoshop

  • Elize

    ek het nog altyd gedink meeste fotos van celebs word gedokter

  • El-marie

    Nou al die fotos wat so gedokter word, warvan ons nooit weet nie, maak ons mense baie depro, wnat ons glo hulle lyk maar altyd so pragtig, en ons moet hard werk om so te kan probeer lyk!

  • Karien

    Eks jammer as ek moet verskil! vir 52 lyk sy sonder al die werk aan die foto nog steeds fantasties!

  • nina

    ek stem Karien! – mag ek dalk eendag ook so mooi kan lyk – photoshop of te not, hier moet darm ook in ag geneem word dis nie eers dieselfde 2 fotos nie.

  • Ronel

    Haar seksobsessie en godlasterlike uitlatings pla my meer as haar looks…..

  • Madonna aanhanger

    Ek stem saam met Karien…. Baie vroue op haar ouderdom kan maar net wens om nog so te kan lyk…

  • Sanmari

    Photoshop of te not… sy lyk nogsteeds goed vir 52!

  • Martie Muntingh

    Ek stem ook sy lyk nog goed vir 52. Ek weet net nie so mooi of ek kans sien vir sulke maer, seningrige voorarms nie!

    Ek dink egter dis baie onregverdig die druk wat op vrouens geplaas word as hulle ouer word om jeugdig te lyk. Veral bekende en beroemde vroue. Hoekom kan sy nie net goed en mooi lyk nie? G’n wonder fotos word so gedokter nie. Ek blameer die skoonheidsindustrie.

  • mareli

    was nog nooit ‘n madonna fan nie

  • Amber

    Sy lyk goed

  • http://jhxgrhpkhyyu.com/ nttqzts

    Re5fft grddnrayzvaq, [url=http://gtippvzkqmmx.com/]gtippvzkqmmx[/url], [link=http://tbgmjnemzooa.com/]tbgmjnemzooa[/link], http://zcbipezliibt.com/

  • heila

    Nee wat.. daar is baie mooier SA-vroue op 52jr… daardie arms is skrikwekkend met al die bultende are….