FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Maerder beteken nie gelukkiger, vertel ma van drie

Die blogger en ma van drie het in reaksie tot die fikse ma, Maria Kang, se swembroekfoto, dié foto’s van haarself gedeel en vertel dat sy nie gelukkiger was toe sy maerder was nie.

Taryn Brumfitt (35) het oornag ’n internetsensasie geword toe sy haar unieke before and after-foto’s van haar lyf op Facebook gedeel het. Sy was omtrént fiks en viets en het tot ses keer per week geoefen en al die gesondheidshappies en proteïendrankies op die mark probeer.

Maar dit was toe sy eendag na haar 3-jarige dogter Mikaela kyk, dat sy besef het dat sy nie is wie sy wil wees nie. Want sy het besef sy sal nie eendag vir Mikaela kan leer om haar lyf te aanvaar as sy dit nie eers dieselfde kan doen nie.

FOTO’S: Jessica Simpson se post-baba lyf

Taryn is nie skaam om te erken dat sy heeltemal aan oefening en gesondheid verslaaf was nie en dat sy selfs ook al onder die mes daarvoor gelê het. Maar dat dit nie aldag lekker of maklik was nie, is ’n feit het sy gesê. “Wanneer ons saam met vriende gaan uiteet het, het ek elke keer opgekookte hoender bestel – nét dit. Daar was geen balans nie – nie in my eetplan of in my gesin nie. Dit was nie die moeite werd nie.”

Vet-maer ma 3

Maria Kang het dié foto verlede maand op haar webtuiste geplaas. Duisende ma’s het hierop gereageer, onder meer Taryn. Vroue het gevoel dat sy probeer om vroue skuldig te laat voel.

Taryn het haar before-leefstyl nou heeltemal vir haar nuwe, gesonder en gelukkiger leefstyl verruil. Sy eet nou ’n gesonde, gebalanseerde dieet en oefen steeds – maar nie met dieselfde intensiteit as voorheen nie. “Die ironie is, ek dink ek is nóú gesonder as wat ek was toe ek aan fiksheidskompetisies deelgeneem het,” sê Taryn.

Jou fisiese gesondheid omvat ook jou geestesgesondheid en ek dink mense vergeet dit.

vet-maer ma

Taryn is nou stralend gelukkig én gesond. Hier is sy saam met haar man Mathew en hul drie kinders, Mikaela (3), Cruz (5) en Oliver (7).

Kyk híér na al Taryn se foto’s

Bron: Daily Mail