Het jy gehoor?

Mag jy in vrede rus Liz Taylor

Die aktrise Elizabeth Taylor, seker een van die 20ste eeu se grootste Hollywood-sterre, is gister in die ouderdom van 79 aan hartversaking oorlede.

Sy is veral bekend vir haar rolle in Who’s Afraid of Virginia Woolf? en Butterfield 8, waarvoor sy albei ‘n Oscar gekry het, Cleopatra en National Velvet.

Maar geen storielyn was só kompleks soos die van haar eie lewe nie. Haar skoonheid, talent en onstuimige liefdeslewe het gesorg dat sy altyd in die kollig was. So is sy agt keer getroud, waarvan twee keer met Richard Burton teenoor wie sy gespeel het in 12 verskillende flieks!

Maar selfs teen die einde van haar lewe het sy dié roem gebruik in haar liefdadigheidswerk wat veral gefokus het op MIV en vigs.

Hoewel sy ‘n omstrede lewe gelei het, waaronder alkohol- en pynpil-verslawing tel, is sy steeds ‘n ikoon wat nog lank onthou sal word.

Op Facebook het julle gesê julle sal haar onthou vir:

Elize van Jaarsveld: Haar tydlose skoonheid.

Tersia Cloete: Die mooiste blou oë, sy was beeldskoon.

Rina Kleynhans: Net dat sy beeldskoon was, diamante en altyd in liefde bly glo het.

Elsje Holmes: Haar skoonheid, sprankelende persoonlikheid en haar liefde vir Richard Burton. Al het hulle geskei, het sy hom altyd innig lief gehad.

Mariana Els: Die mooie onskuldige dogtertjie met die pers oë in die Lassie-fliek wat my so laat huil het!

 

 

Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor
Elizabeth Taylor
  • Hettie Drake

    Sy was altyd stylvol en haar tydlose skoonheid het daartoe bygedra! In een woord, sy was "WOW!!!"

  • Charmain Bauermeister

    Elizabeth Taylor was ‘n vrou met opregtheid, liefde, verstand, ‘n vriendin vir baie en vol lewe. Ek het altyd gedroom om haar eendag te ontmoet en ek glo ek sal nog (in ons Vader se huis). Sy was ‘n beeld van God se mooiste handewerk; Haar oë en vel en alles wat mooi was van haar. Elizabeth sal nog lank ‘n legende in ons harte wees.
    Mag sy rus vind waar sy nou is en mag haar legende vir baie jare voortduur in ons harte.
    Ek sal graag van haar parfuum aankoop – as dit enigsins so lekker ruik as wat haar oë in liefde uitstraal…

  • Retha Kelly

    Pragtig was sy beslis en haar leefwyse (baie soos myne) is ook net dieselfde gewees as gewone onbekende mense sin. Sy was pragtig, eindeloos beeldskoon en tog met ‘n hart wat voel soos myne……haar liefdeslewe was ‘n gemors en ek dink dis omdat haar hart nog altyd net een man volkome kon bemin het….. wie weet dalk rus jul eendag sag bymekaar!
    Rest in peace Godess of love and beauty!

  • Charmain Bauermeister

    Net om iets by te sê – Ek sal altyd onthou omdat dit vandag my verjaarsdag is en ek is baie bly ek kon as vrou haar leer "ken" het op "die doek".

    Dit was ‘n voorreg…

  • Amanda

    Amanda Roets sê
    Sy was darem ‘n mooi vrou selfs toe sy in die rystoel was.

  • INGRID

    Sy was pragtig en was baie lief vir haar hondtjies sy het n vol lewe gehad Mag GOD HAAR SEEN.

  • fywamivry

    1zCYZJ afltnyagmozs, [url=http://sasvqqzqvauy.com/]sasvqqzqvauy[/url], [link=http://huqrbvqgmtyj.com/]huqrbvqgmtyj[/link], http://ymatgzqscbme.com/

  • kadcpzflesk

    RAoGaG tngryiyzavnd, [url=http://jriehbmjnjcv.com/]jriehbmjnjcv[/url], [link=http://umgbqlidnmeh.com/]umgbqlidnmeh[/link], http://impqljeyzznd.com/