Het jy gehoor?

Fliekresensie: Magic Mike nie die tipe ‘sexy’ wat jy verwag nie …

Magic Mike se voorprent is (opsetlik) misleidend. Dit beeld die fliek uit as ‘n sexy komedie oor ‘n manlike ontkleedanser. Een, dit is nie ‘n komedie nie, en twee, die sexy element van die fliek maak jou met tye ongemaklik. Magic Mike is meer as ligte Vrydagaand-vermaak.

DIE STORIE

Mike is ʼn ontkleedanser wat meer uit die lewe wil hê. Adam is ʼn 19-jarige loskop wat nie weet wat hy wil hê nie. Die twee ontmoet toevallig en Adam sluit natuurlik aan by die dansklub. Adam se nugter ouer suster is nie beïndruk met die toedrag van sake nie. Mike belowe om ‘n oog oor Adam te hou, maar hou eintlik ‘n oog oor die sussie.

HOOGTEPUNTE

Channing Tatum is werklik sjarmant en het ʼn fassinerende teenwoordigheid op die grootskerm. Hy is boonop iets vir die oog en ‘n uitstekende danser. (Magic Mike is losweg gegrond op Channing se dae as ontkleedanser.)

Channing Tatum

Magic Mike bring nie hulde aan die dansers of die ontkleedans-bedryf nie. Regisseur Steven Soderbergh lig die geldgierigheid en die narsisme daarvan uit. Mike verduidelik in alle erns aan Brooke dat dit te verstane is dat Adam wil “dans”. Dit is maklike geld, maklike meisies en boonop vryheid.

Matthew McConaughey se interpretasie van die slymerige Dallas, eienaar van die klub, is die toonbeeld van narsisme. In sy woonstel is ʼn skildery en kopbeeld van homself, sy gimpakkie laat min oor aan die verbeelding en sy enigste ontkleedans-toneel in die film grens aan walglik.

Daar is elemente in die film wat verras. Die oorbeskermende sussie oordeel nie vir Mike nie. Sy kan sien hy het ʼn goeie hart, en al kom hulle goed oor die weg van die begin af, kies sy bloot om weg te bly van sy leefstyl af.

Mike soek al ʼn wyle meer uit die lewe, so wanneer Brooke opdaag, is sy bloot iemand met wie hy dit kan deel en nie sy redding nie. (Te veel Hollywood-rolprente verkondig dat jou sielsgenoot/die “een” jou kan red.)

Magic Mike

Die einde van die prent gaan die gewone fliekganger nie tevrede stel nie, want daar is geen duidelike antwoorde of oplossings nie. Adam neem blykbaar die verkeerde besluit en Mike die regte een. Tog het Mike geen duidelike toekoms nie? Magic Mike is ʼn insetsel in ʼn groter storie.

LAAGTEPUNTE

So oulik soos wat Channing is, is ek nog nie oortuig dat hy kan toneelspeel nie. Maar ons gee hom nog ʼn kans, want ten minste het sy keuse in rolle aansienlik verbeter oor die laaste paar jaar. 21 Jump Street was ʼn aangename verrassing.

Die Brooke-karakter was vir my effe pateties. Sy het ‘n vervelige werk, ʼn blykbaar vervelige kêrel en vervelige toekomsplanne. Sy is nie werklik ʼn opwindende teenfoeter vir die twee manne se lewe van dans, dwelms en los meisies nie?

VIR WIE SAL EK DIT AANBEVEEL?

Een van die gevolge van films resenseer, is dat mense jou vra vir aanbevelings. Ek is dan ook vanoggend deur twee ouer vroue gevra om ʼn fliek aan te beveel. Magic Mike gaan nie op die lys wees nie. Alhoewel die “slym” beperk word, val Magic Mike onder ‘n nuwe soort fliek wat meer en meer voorkom. Ek dink aan voorbeelde soos Bridesmaids, Knocked Up en 21 Jump Street. Almal is gemaak met ʼn nuwe manier van dink, van lag en gebruik die ongemak van die kyker om ʼn punt tuis te bring.

OPSOMMEND

Die misleidende voorprent, en natuurlik ʼn halfkaal dansende Channing as trekpleister, het die fliek nie skade gedoen nie. Dit het reeds $92 miljoen by die loket verdien.

DETAILS

Met: Channing Tatum, Alex Pettyfer, Matthew McConaughey
Regisseur: Steven Soderbergh
1 hr. 50 min.

KYK DIE LOKPRENT

  • Noor

    Die Stolpersteine sind ein grodfartiges Beispiel ffcr die Notwendigkeit, fcber einen gesellschaftlich toerrileten halbf6ffentlichen Raum zu verffcgen, denn exakt dort sind sie m.E. verlegt. Was bei diesen Thesen eventuell fehlt, ist der erste Teil meines seinerzeitigen Vortags, in dem ich dargelegt habe, warum der Begriff der personenbezogenen Daten als KInd der 70er Jahre angesicht der fortschreitenden Entwicklung immer problematischer wird. Ganz kurz gesagt, stehen sich speziell bei der Frage, wie georefrenzierte Daten zu bewerten sind, zwei fundamental unterschiedliche Auslegungen gebenfcber. Es gibt einerseits die Auffassung, Geodaten sind so lange Sachdaten, wie sie sich nicht auf eine konkrete, namentlich genannte Person beziehen, andererseits die Ansicht, Geodaten sind bereits personenbzeogen Daten, wenn auch nur die Mf6glichkeit besteht, sie auf eine auch unbestimmbare Person zu beziehen. Beides ist juristisch einwandfrei aus der Gesetzeslage herleitbar !!Im ersten Fall sind umfangreiche Adressdatenbanken jedweden Inhalts erst dann eine Frage des Datenschutzes, wenn zur Adresse auch der Name kommt, im zweiten Fall ist schon ein Dienst wie StreetView zu verbieten. Beide Varianten halte ich aber ffcr inakzebtabel. Das Konzept des halbf6ffentlichen Raumes versucht deshalb einen Perspektivwechsel, der sich gewollt vom Begriff des personenzogenen Datums und dem Streit um die formale Gesetzesauslegung entfernt und eine sozioogisch/politische Sichtweise einnimmt. Ich suche keine juristische Lf6sung, sondern eine gesellschaftliche, weil ich glaube, dass der Kern des Problems eine Gesetzeslage ist, die weder der technischen noch der gesellschaftlichen Realite4t des Jahres 2010 entspricht. Diese beiden Aspekte mfcssten aber zune4chst mal gekle4rt werden, bevor man Gesetze neu formuliert. Obige Thesen sind ein Versuch dazu.