before-after 1
Het jy gehoor?

‘Makeovers’ vir poppe het die wêreld aan die gons

Sonia Singh van Tasmanië se stokperdjie is om nuwe lewe in ou poppe te blaas. Sy gebruik meestal die gewilde Bratz-poppe wat bekend is vir hul oordadige grimering en opgedoende haarstyle, maar pleks daarvan dat sy hulle verder opdollie, haal sy al die grimering af en maak sy hulle meer natuurlik. Kyk jy na die foto’s voor en ná die tyd, kan jy byna nie glo dis dieselfde pop nie.

 

 

Sonia het die foto’s van haar projek, wat as die Tree Change Dolls bekend staan, met haar 200 vriende op Facebook gedeel, en voor sy haar oë kon uitvee, het joernaliste van regoor die wêreld haar begin kontak. Dit was nooit haar bedoeling om internasionale aandag te trek nie, en sy is baie verbaas oor die aandag wat die poppe kry.

Hierdie make-unders het mense se verbeelding aangegryp. Die poppe lyk soos regte kinders en ma’s glo hul dogters sal meer daarmee kan identifiseer. Sy haal die grimering af en laat hulle meer natuurlik lyk.

In hierdie video vertel sy hoe haar stokperdjie soos ’n veldbrand oor die wêreld versprei het

 

Bronne