FOTO: Instagram @bafta

FOTO: Instagram @bafta

Het jy gehoor?

Mal of nie? Bekendes se kaal uitrustings in 4°C

Dit was gister nie net Valentynsdag nie, maar ook die Bafta(British Arts, Film and Television Academy)-toekennings. Saartjie is geskok oor wat die bekendes gedra het in die Londense koue.

SAARTJIE-hastag

Mense, wanneer dit só koud is, dra ek ’n jas, serp én stewels – alles wat my kan warm hou. En die meeste van die tyd lyk ek glad nie stylvol nie. Om die waarheid te sê, ek lyk soos ’n opgestopte wors wanneer dit so koud is.

Ek weet nie of ek my hoed vir die celebs moet afhaal omdat hulle so stylvol in 4°C lyk nie. Óf moet ek vir hulle bottels vitamiene stuur om asseblief tog net nie siek te word nie.

Hierdie bekendes het óf op hul tande gekners in die Britse winter óf dalk het hulle een of ander geheime konkoksie wat hulle drink om warm te bly. Want wraggies, om op die rooi tapyt só stylvol in die nuutste trends te lyk, wil gedoen word!

Kate Winslet het swart gekies – ’n gewilde keuse by vanjaar se Baftas. Ek is gaande oor die asimmetriese neklyn wat nou ’n groot trend is. (Kate het ook met die beeldjie weggestap vir Beste Ondersteunende Aktrise.)

Alicia Vikander het ook ongelooflik gelyk in swart en haar rok het die groot trend van oppervlak-ontwerp (surface design) duidelik weerspieël.

Cate Blanchett se rok van kant en vere wys weer eens hoe groot die trend van oppervlak-ontwerp is. Haar rok is my gunsteling.

’n Hele paar het rooi gekies, maar Dakota Johnson en Emilia Clarke het uitgestaan in die see van rooi.

Dakota Johnson

Emilia Clarke

Ek was ook gaande oor Julianne Moore se rok. Daar was maar ’n handjievol aktrises wat wit gedra het, maar sy het die beste in dié kleur gelyk. Julianne was slim en het by die geleentheid aangekom met ’n mantel wat sy later op die rooi tapyt uitgetrek het. Sy moes ook die koue aandurf, maar darem nie vir te lank nie.

Dree Hemingway het geweet hoe om hitte en styl te kombineer.

Sal jy soos die meeste bekendes hou by die bekende sêding, “beauty is pain” en maar die koue aandurf?