sr0603dingelewe1
Het jy gehoor?

Waar’s Malan Koster (“Binnelanders”) heen?

Wat gaan jy nou doen?
Ek en my goeie vriend, die akteur Terrence Bridget, het ‘n filmmaatskappy, Fanagalo Films, en daar is ‘n hele paar dokumentêre projekte vir TV waaraan ons werk.

Was dit lekker om die karakter Malan in Binnelanders te speel?
Definitief. Hy was fun. Dis altyd lekker om ‘n karakter te speel wat bietjie stout en nie net ‘n engel is nie. Hy is een van daai karakters waarvan jy hou. Almal sien hul eie kind wat hulle irriteer of kwaad maak in hom raak, maar tog bly hulle lief vir hom. Hy is nie ‘n swart of wit mens nie, maar altyd bietjie grys.

Wat was die grootste uitdaging om dié rol te speel?
Om geloofwaardigheid binne die sepie-genre te behou. Mense besef nie die hoeveelheid goed wat mens elke dag moet doen nie. As jy ‘n swak dag het, moet jy net aangaan en besef dís wat uitgesaai gaan word. Die hoeveelheid fokus en konsentrasie wat nodig is om goeie spel te gee is ongelooflik. In die teater repeteer jy minstens ‘n maand lank aan ‘n produksie. Jy kan verskillende idees uitprobeer, maar het nie daai tyd in sepies nie. Om die woorde elke dag te leer is die maklike deel. Dis die eerste keer in my lewe dat ek in ‘n sepie gespeel het en dit was ‘n ongelooflike leerproses.

Gaan jy die Binnelander-stel nie baie mis nie?
Ja, maar ek het baie goeie vriende daar. Ek het bietjie van ‘n breek nodig. Daai lang dae se gewerk en werkery oor naweke is nou verby. Ek het twee jong seuns, Josua (2) en Oliver (5 maande), en ek was besig om op ‘n baie belangrike tyd in hul lewe uit te mis. Ek sien ook weer uit om ordentlik met my vrou, Clair, te connect. Dit was vir haar moeilik dat ons mekaar so min gesien het. Miskien vroeg in die oggend en dan weer saans agtuur. Ons was soos twee skepe wat bymekaar verbygeseil het in die nag. Sy is ‘n opgeleide regsgeleerde en werk nou by ‘n versekeringsmaatskappy. Sy is die linkerbrein, ek is die regterbrein. Ek geniet dit om nou bietjie tyd vir myself te hê.

Gaan jy weer terugkom na Binnelanders?
Ons sal maar sien hoe dit gaan. Die opsie om terug te gaan, bestaan wel.

  • a

    binnelanders is net nie dieselfde sonder malan nie….ons gaan jou mis!

  • Leoné Brand

    Ag nee, ek kyk net om vir Malan te sien!!! Maritsa jy kan maar enige tyd so ‘n skoonseun huis toe bring … jammer Malan is getroud. Gelukkige vrou.

  • Dalene Hough

    ja nee Malan….ek glo nie jy kan net so wegbly nie!!!!!!jy dan die mooiste man in Binnelanders….mis dit vir niks….

  • Christine

    baie baie slegte nuus!!! ;-(

  • rene

    ag nee ek het gedink dit is deel van dir storie

  • Stephanie Goosen

    Ai, dis darem sleg as die akteurs so in en uit by Binnelanders. Mens raak almal so gewoond, hulle raak soos familie in jou eie voorhuis. Ek stem saam met "a". Binnelanders sal net nie weer dieselfde wees sonder Malan nie.

  • ANita

    Ons sal jou baie mis, maar sterkte met die nuwe bedryf. En baie bly vir jou familie se part, hulle moet altyd eerste kom. Groete

  • Yvonne Vos

    Groot was ons verbasing toe ons "Malan" sien optree as Dean Martin in die opvoering "Viva Las Vegas" te Sun City. Ons was op besoek aan Suid-Afrika, want ons woon tans in Kanada. Hier volg ons die daaglikse wel en wee van die Binneland kliniek via die internet. Paul, dit was ‘n baie oortuigende optrede en ons as gesin hoop om "Malan" weer te sien. Jy was deel van die kliniek! Maar geniet eers jou kinders terwyl hulle klein is – die tyd vlieg verby en voor jy jou oe uitvee is hulle langer en wyser as jy.

  • Wilna

    Ag nou ja hier sit die ou tannies en hou binnelanders dop om te sien wanner Malan weer gaan opdaag en nou hoor ons dalk nooit. Asb bring hom terug ons mag ouer wees maar nog nie blind vir ‘n aantreklike man nie. Al wat nou aantreklik oorbly is At Koster met sy befoeterdgeid en al

  • Annemarié le Roux

    Aitog, nou’s die mooiste, vriendelikste en mees natuurlike akteur uit Binnelanders… Dit is net nie meer dieselfde nie. Pippa en Malan pas soos Vinkel en Koljander!!

  • Magda McMahon

    Ek hoop regtig Malan (Paul du Toit) gaan terugkeer na Binnelanders. Ons het sy tong in die kies humor baie geniet. En die feit dat hy soort van ‘n balans in die storie gebring het. ‘n Mens kan amper se die goeie in die storie. Soos met alle sepies deesdae is die boodskap dat net die korrupte iewers in die lewe kom en die goeie karakters word uit die stories geskryf. Ons besef ‘n akteur wil nie net in die een karakter vasgevang wees nie, maar dit is nie lekker as ‘n goeie karakter die storie verlaat nie. Die karakter van Pippa is so so, maar weer eens is die karakter amper onrealisties en net te "goodie two shoe

  • http://gdxxbncohger.com/ ncsdos

    Fu1zib hturrgskalfy, [url=http://kbxwdumfjtah.com/]kbxwdumfjtah[/url], [link=http://wvalqtvnqcwf.com/]wvalqtvnqcwf[/link], http://uupunaayftaz.com/

  • http://prfzeocvnbhs.com/ bfclyy

    TSk82Z yzhscklahtiv, [url=http://noxutptcoxjq.com/]noxutptcoxjq[/url], [link=http://moukyuqtxjqe.com/]moukyuqtxjqe[/link], http://jfpemzlydiyv.com/

  • Mandy

    Ek is baie hartseer dat Malan & Terence in ‘n ander veld gaan beweeg, maar wens hull alles van die beste toe.vir die toekoms. Ek het nog altyd gewens dat ek julle persoonlik kan ontmoet…