FOTO: Dave Benett met vergunning van Matthew Williamson

Het jy gehoor?

Mamma Gwyneth help limonade verkoop

Die Oscar-bekroonde aktrise Gwyneth Paltrow het verlede naweek bewys sy is ook ’n gewone ma toe sy by haar kinders se limonade-stalletjie gewerk het.

Gwyneth se twee kinders, Apple (9) en Moses (7), het volgens Us Weekly ’n stalletjie voor hul huis in Brentwood, Kalifornië, opgestel waar hulle limonade en koekies verkoop het. En ma het gehelp.

Kry gesondheidsbewuste Gwyneth se detoks-dieet

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links). FOTO: GOOP

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links). FOTO: GOOP

 

Of dit nou die lekker koekies en limonade was of hul bekende ma se glimlag, een ding blyk seker te wees – die stalletjie was ’n sukses! Op een foto staan Apple met ’n groot glimlag en ’n hand vol geldnote. Blykbaar het die groot beker limonade binne ’n uur uitverkoop, selfs al was dit suikervry!

 

Die aktrise se gesonde leefstyl het duidelik  haar twee kinders beïnvloed, want nie hul koekies óf hul lemonade het suiker bevat nie!

Probeer Herman Lensing se komkommer-limonade!

’n Bron vertel aan Us Weekly dat Gwyneth ook baie oulik was teenoor die kinders wat die stalletjie besoek het. Sy het hulle so ewe “Meneer” en “Mevrou” genoem terwyl sy hulle bedien het.

Maak Barbara se tuisgemaakte limonade

sk08_2markdag04

  • 12 suurlemoene
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 3 liter water
  1. Gooi die suiker by die suurlemoensap.
  2. Gooi die water by en roer tot die suiker opgelos is. Nou moet jy eers proe. As die limonade vir jou steeds te suur is, kan jy nog suiker byvoeg, maar min op ’n slag.
  3. Sit jou limonade in die yskas sodat dit lekker koud kan word.

Soek jy ’n gesonder alternatief? Probeer een van dié resepte vir gesonde feesvier-drankies.