Het jy gehoor?

Mamma Mia!

Die Griekse eiland Skopelos is nou Mamma Mia!-eiland, vertel ene Katrina – wat SA in Desember besoek het en self ‘n huis op die eiland het. Toeriste bespreek glo aaneen Mamma Mia!-toere na al die plekke waar die rolprent geskiet is: Kastani-strand, die hawehoof, die paadjie op na Donna (Meryl Streep) se villa, en natuurlik die klein kerkie hoog bo-op die rotse. Verliefdes stroom ook glo om in daardie karaktervolle Agios Ioannis-kapel met sy 105 trappe te trou, vertel sy. En die eilandbewoners self? Ook hulle kan nie genoeg kry nie. Mamma Mia! speel op hul aandrang al die afgelope maande sonder ophou in die eiland se opelug-teater, Orpheus!

* Mamma Mia! is die suksesvolste Hollywood-musiekprent van alle tye en die grootste lokettreffer nog in Brittanje. Hier het dit selfs Titanic geklop!