Idris Elba as Nelson Mandela

Het jy gehoor?

Mandela-fliek kry 3 Golden Globe-benoemings + is jou gunsteling benoem?

Idris Elba wat die rol van oudpresident Nelson Mandela in die biografiese film Mandela: Long Walk to Freedom speel, is vir sy geloofwaardige vertolking van dié ontslape ikoon benoem.

Die Londense première van dié rolprent is toevallig gehou op die dag waarop Madiba oorlede is – lees meer hier. Die 41-jarige akteur is vir ’n Golden Globe benoem in die kategorie Beste Akteur in ’n Drama en gaan moet meeding teen groot name soos Tom Hanks (Captain Phillips), Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club), Robert Redford (All Is Lost) en Chiwetel Ejiofor (12 Years A Slave).

Die Golden Globes is gewoonlik ’n goeie aanduiding wat op Oscar-aand gaan gebeur.

Mandela: Long Walk to Freedom het nóg twee benoemings gekry vir Beste Klankbaan én Beste Liedjie, “Ordinary Love” wat U2 spesiaal vir die film geskryf het – luister na die liedjie HIER.

Dit is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse film 3 Golden Globe-benoemings ontvang.

Hulle is ook benoem

Sandra Bullock (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Sandra Bullock (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

 

Beste Aktrise: Drama

Cate Blanchett, Blue Jasmine
Sandra Bullock, Gravity
Judi Dench, Philomena
Emma Thompson, Saving Mr. Banks
Kate Winslet, Labour Day

 

 

Meryl Streep

 

Beste Aktrise: Musiekblyspel of komedie*

Amy Adams, American Hustle
Julie Delphy, Before Midnight
Greta Gerwig, Frances Ha
Julia Louis-Dreyfus, Enough Said
Meryl Streep, August Osage County

*’n Groot verrassing is dat Scarlett Johansson nie vir haar rol in Her benoem is nie. Maar kenners meen sy staan steeds ’n kans om vir ’n Oscar benoem te word. Lees hier waarom dié rol enig in sy soort is.

Leonardo DiCaprio

 

Beste Akteur: Musiekblyspel of komedie

Christian Bale, American Hustle
Bruce Dern, Nebraska
Leonardo DiCaprio, Wolf of Wall Street
Oscar Isaac, Inside Llewyn Davis
Joaquin Phoenix, Her

 

Beste fliek: Drama

12 Years a Slave
Captain Phillips
Gravity
Philomena
Rush

Beste fliek: Musiekblyspel of Komedie

American Hustle
Her
Inside Llewyn Davis
Nebraska
Wolf of Wall Street

Beste TV-reeks: Komedie

The Big Bang Theory

Brooklyn Nine-Nine
Girls
Modern Family
Parks and Recreation

Kyk HIER na wie almal benoem is. 

Die Golden Globes word 12 Januarie 2014 in Los Angeles gehou. Die grapjasse Amy Poehler en Tina Fey gaan dit weer aanbied.