Het jy gehoor?

Mandela inspireer New York

Times Square in New York is sinoniem met groot elektroniese advertensieborde. Maar dié maand sal jy nie advertensies daar sien nie, maar eerder ons geliefde voormalige president, Madiba.

Die Mandela-familie is tans in kontroversie gehul omdat hulle oor Madiba se geld baklei.

Dié installasie deur die Tribeca Film-instituut, waarvan Robert De Niro ‘n medestigter is, wil die hele maand Mandela se 95ste verjaarsdag vier. Hy verjaar 18 Julie.

The Power of Words - Nelson Mandela

Sy ikoniese gesig saam met inspirerende aanhalings verskyn elke aand net voor middernag vir 3 minute op dié borde. Een van Mandela se kleinseuns, Ndaba Mandela, het gesê dié installasie, “The Power of Words” dra sy oupa se goedkeuring weg. “Hier [in Times Square] bevind ons onsself by die kruispad van die wêreld – dit gaan alles oor glitz en glamour, en ewe skielik sien jy dié man wat ons herinner aan ons menslikheid.”

The Power of Words - Nelson Mandela

Ndaba het saam met sy neef, Kweku Mandela (die vervaardiger van The Bang Bang Club, en Fanie Fourie’s Lobola), en die filmmakers Nabil Elderkin, Andrew van der Westhuyzen en Gregory Stern gewerk om die beste aanhalings uit Madiba se toesprake te kies.

HIERONDER is ‘n kort lokprent vir die installasie: