Het jy gehoor?

Mannetjies Roux-musiekblyspel open in Pretoria – foto’s

Dit was gisteraand 19 Mei 2011 die openingsaand van Stuur groete aan Mannetjies Roux in die Atterbury Teater in Pretoria. Dit was hoofborg, Momentum, se aand en die saal was volgepak. Daar was ‘n hele paar bekendes onder wie die sanger Jannie Moolman en ‘n geselskap van Roepman, die nuwe Afrikaanse fliek wat pas in teaters begin wys het.

Groot was die verrassing toe Mannetjies Roux na die vertoning op die verhoog stap, ‘n bos proteas aan Laurika Rauch oorhandig en ‘n paar woorde sê.

[box:full:grey:both]

Stuur groete aan Mannetjies Roux is nog tot 12 Junie by die Atterbury Teater te sien.

Nog datums:

22 Junie tot 2 Julie – Kunstekaap

6 Julie tot 17 Julie – Theatre of Marcellus at Emperors Palace

Kaartjies kan bespreek word by Computicket.

[/box]

  • Geheim

    Kika wat saam met Johan op die laaste foto is, het die rol van jong Engela vertolk.

  • Izelle

    Ek vertrou dat al wat Pretorianer is n draai in die Atterbury Teater sal kom maak en oud en jonk dit terdee sal geniet